Verified Reviews
Swellendam
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Swellendam
Rated 4.6 out of 5 based on 774 reviews.
"Bontebok National Park is 'n moet besoek vir die wat die natuur geniet en waardeer."
"Tyd moet gemaak word om Swellendam te besoek, dis rustig met baie besienswaardighede."
"Swellendam is 'n pragtige dorp met die asemrowende berge aan die noorde kant. Sal dit as 'n bestemming vir 'n paar dae se kuier aanbeveel."
"Baie rustige dorp en baie netjies en skoon dorp. Baie vriendelike mense in die restaurante waar ons gaan eet en koffie drink het. Sal the Goal en The woodpecker aan almal aanbeveel! "
"Die dorpie en argitektuur is baie mooi. Dis klein, maar nie dood nie. Daar is baie lekker restaurante! Aangename mense ook. Kan in die hoofstraat stop en die hele dorpie sommer te voet verken as jy hou van stap. Sal graag die Rain Spa nog wil probeer. Dit lyk na iets besonders. Sal egter nie vir langer as twee dae bly nie. "
"Vriendelike dorpie, net jammer die meeste restaurante was Vrydagaand (publieke vakansiedag) toe. Jy sal dink dit is die beste tyd om ektra geld te maak en toeriste te lok."
"Koud in die winter, oorgenoeg restaurante en baie besienswaardighede. 'n Juweel!"
"Moenie net deur ry nie, hoe langer mens hier bly hoe meer ontdek jy. Die Bontebokpark was teleurstellend. Min wild en die paaie is maar sleg. "
"Goeie eetplekke, heelwat besienswaardighede afhangend van die besoeker se belangstelling. "
"Our only regret about Swellendam is that we were still in city-mode, because we did not realise that some places closed earlier than the time stated on the Swellendam Tourism website."
"Beautiful charming city, with historical places of interest and good restaurants."
"Vriendelike mense by die museum, Bontebokpark en ander besienswaardighede, asook by Tyre Mart waar ek my band laat regmaak het. Ek dink Swellendam is 'n absolute juweel."
"Swellendam is een van die wonderlikste en rustigste dorpies. Ons keer jaar na jaar terug."
"Pragtige dorp met die mooiste ou geboue en die dorp is netjies en skoon en het restaurante om van te kies en keur."