Verified Reviews
Tergniet
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Tergniet
Rated 4.7 out of 5 based on 128 reviews.
"Dit was nou wel buite seisoen, maar baie aangename plekkie! Maklik om by winkels te kom! Eetplekke ook goed geleë."
"Ek en my man is eintlik groot Weskus aanhangers, maar het die afgelope 2 jaar in daardie omgewing vakansie gaan hou, en het so baie daarvan gehou dat ons dit baie sterk oorweeg om daar te gaan aftree."
"Vir die jongklomp is Tergniet nie 'n swemstrand nie, maar vir die ouer garde is dit 'n ideale wegbreek van stadsgewoel. Vir die avontuurlustiges is daar baie besieningswaardighede in die omgewing."
"Tergniet is baie rustig met strande wat basies oop is, bedoelend dat daar nie baie mense is nie. Dit is perfek vir iemand wat 'n rustige wegbreek wil hê. Die area is baie veilig en die meeste huise het nie eers diefwering nie. Dit is ook baie sentraal en naby Mosselbaai, George, De Dekke en De Vette Mossel."
"Ek het gehou daarvan dat dit baie rustig is en nie baie besig is met verkeer nie."
"Tergniet is 'n seevakansieplek en dit is 'n pragtige skoon omgewing. Daar was selfs 'n walvis net voor ons in die see."
"Kom voor of die huise al groter en luukser word. Plek is werklik baie netjies en skoon. `n Voorbeeld vir baie groter plekke."
"Hou baie van die plek, stil en rustig. Baie mooi en skoon area. Sal weer daar 'n bespreking doen."
"Die omgewing lyk heel skaflik. As gevolg van ons swak verblyf het ons nie veel aandag aan die omgewing gegee nie."