Verified Reviews
Tzaneen
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Tzaneen
Rated 4.3 out of 5 based on 275 reviews.
"Tzaneen is 'n vreemde dorp, maar het baie goeie toeriste-aantrekkings en doendinge."
"Tzaneen is 'n mooi dorp, net baie deurmekaar vir iemand wat onbekend is met die omgewing."
"Tzaneen is 'n pragtige dorp, maar dit is 'n vuil dorp. Slaggate en 'n damingang waar daar 'n skeuriteitswag met 'n handgeskrewe bord vol van spelfoute toegangbeheer toepas. Die Leeupark kan ek beslis aanbeveel. Ben Vorster Hoërskool is puik. "
"Tzaneen vind ons nie as 'n toerisme aantrekkingskrag nie."
"Het in Tzaneen gebly vanaf 1995 tot 2000 en was geweldig geskok oor die agteruitgang van die dorp asook die dorp Duivelskloof, en ander toeriste aantreklikhede, soos Kingswalden, die damwal, Minitzanie, Coach House, Magoebaskloof Hotel, die kaasmakery, Duivelskloof begraafplaas, ens. Net Duivelskloof Laerskool is 'n oase en mens kan duidelik sien dat sommige mense darem omgee vir hul tuiste en omgewing. Ons moet ook net noem dat ons paar draaie in die berge bokant Duivelskloof en Tzaneen asook Agatha gery het en dat die plase wat ons besoek het weereens 'n plesier is om na te kyk."
"Ons was wel op sakereis, maar Tzaneen is 'n pragtige plek en kan gerus besoek word."
"Tzaneen is 'n mooi skoon dorp maar ons kon geen mall kry om te besoek nie en daar is nie baie restaurant om van te kies nie."
"Die dorp self is nie enige sout werd nie. Die winkels is vuil en die inwoners meer ongeskik as die Gautengers. Ons is al menigte kere in die omgewing vir vakansies en die akkommodasie, hul bestuur en personeel is onbekryflik behulpsaam en vriendelik. Die natuurskoon is ook wonderbaarlik. Die eetplekke probeer darem opmaak vir die gemors in die dorp self. Dit is jammer die teeplantasie is nou tot niet en die nougat-vervaardigers is nie meer daar nie. Ek beveel net aan dat niemand die Fruit & Veg City besoek nie. Die winkel is 'n gesondheidsrisiko en vrot vleis is die voorland. Ek sal weer in die omgewing gaan kuier, maar als self saamry en niks daar koop nie."
"Wat ons van Tzaneen waardeer is die pragtige paaie, ongelooflik goed! Die omgewing is sprokies mooi. Vir 'n oud Vossie was dit weereens 'n belewenis. Akkommodasie is oral beskikbaar, restaurante puik."