Verified Reviews
Umdloti
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Umdloti
Rated 4.6 out of 5 based on 364 reviews.
"Umdloti is an ideal place to go to on holiday, especially if you have small children and want to take your pets along. Not overcrowded and people are so friendly."
"Alhoewel dit sekerlik gedurende hoogseisoen baie besig sal raak, is dit die perfekte bestemming binne en buite seisoen en dit is ongekunsteld en nie gekommersialiseerd nie. Die straatrestaurant en wandelpad skep 'n byna Europese of klein eiland atmosfeer wat prysloos is. Ons het dit baie geniet om hier te bly."
"Mense vriendelik, baie stappers, drawwers en see-swemmers. Ons het al die restaurante probeer, die kos was lekker. Stap sommer net oor die straat vir restaurante. Spar is ook baie naby met basiese geriewe om te koop."
"The beach is very rocky and not a swimming beach. We went to Ballito to surf and swim."
"Ons het dit buite seisoen geniet, maar ek dink dit kan nogal besig raak in hoë seisoen. Maar, dit bied alles wat jy graag wil hê."
"The beaches, restaurants and shops were all so amazing. The Spar offered a divine service of transporting you and your shopping right to the door. An excellent location for a holiday."
"Strand is baie vuil en word nie skoongemaak nie! Net die paaie word skoongemaak. Dis 'n jammerte dat ons met sulke munisipaliteite moet sit. Strand is vol papiere, doppies, hoenderbene, sigaret stompies, ens."
"Umdloti is a lovely sea side town with a great beach and friendly locals. When I go back to KZN I will only stay in Umdloti!"
"Uitstekende omgewing met lekker swemstrande en gesellige eetplekkies."
"Baie dankie vir Umdloti Letting vir hul vriendelike diens. Umdloti is 'n skoon en netjiese strand dansky inwoners wat skoonmaak. Ongelukkig kom daar te veel mense oor naweke van ander plekke, wat nie woon in Umdloti nie, om daar te kom swem en word daar gedrink en geraas op straat voor Cozumel tot laat in die aande."
"Ek het Umdloti baie geniet! Elke oggend gaan draf/stap en dan 'n lekker koue crusher by een van die winkeltjies gekoop. Parkering in die dorp is beperk as dit regtig besig raak, daarom is Spindrift die ideale plek om te bly. Dis 'n skoon en netjiese dorpie en ek het veilig gevoel. Daar was elke oggend mense in uniforms wat die strate gevee het en hulle hou ook die strande skoon. Die dorpie is ook lekker naby die lughawe. Ons hou gewoonlik in die Kaap vakansie. Dit was my eerste keer in Umdloti en ek was regtig beïndruk en het dit baie geniet."