Verified Reviews
Umdloti
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Umdloti
Rated 4.6 out of 5 based on 364 reviews.
"Geen lessenaar, maar kombuis toonbank meer as genoeg vir skootrekenaar oopswaai en die nodige administrasie uitsort! Definitiewe oorbly vir 'n vakansie of paar dae by die see! Paar netjiese eetplekke in die omtrek, en naby genoeg aan die see!"
"Umdloti is ideal and safe. Not too overcrowded, but near enough to shopping centres and other beaches should the need arise."
"Umdloti herinner ons aan daai klein, verlate eilandjies waarheen mense dikwels in flieks wegbreek vir 'n vakansie of gaan wegkruip om die stadslewe en stressors te ontglip. Dis beslis ons 2 se gunsteling-vakansiedorpie waar al wat mens nodig het 'n glasie wyn en 'n goeie boek is om op die stoep of langs die strand te sit en geniet. Ons het hierdie keer vir die eerste keer die pragtige inheemse bos waar mens kan gaan stap ontdek - reg langs Spindrift-gastehuis waar ons gebly het. Beslis 'n groot gunsteling wat ons in die toekoms weer en weer sal teruglok hierheen."
"Die strand is baie vuil, sal dit waardeer as dit skoongemaak kan word. Die ape is ’n probleem."
"Geen beheer oor mense wat drink op die strand en dan hul bierbottels op die stand gooi nie. Die strand kan gerus meer skoongemaak word. Andersins is ons mal oor Umdloti."
"Heerlike, stil deel. Genoeg eetplekke en alles wat jy nodig het is daar. Bush Tavern was heerlik. Sandbar se sushi en atmosfeer is fantasties en op die strand."
"Umdloti was regtig lekker vir ons, hou baie van die ligging tussen Ballito en Umhlanga."
"Umdloti is 'n oulike kusdorp. Strande is mooi en skoon en die kinders het dit baie geniet dat die woonstel reg oorkant die strand was. Sal beslis weer in Umdloti vakansie gaan hou."
"Ballito is altyd 'n wonderlike vakansiekeuse en Umdloti is bietjie meer rustig en bekostigbaar en tog is die twee so naby mekaar, beslis sal Umdloti weer van ons sien."
"Vriendelike mense. Ek het my ring in die woonstel vergeet en die skoonmakers het dit vir my gehou tot ek dit kon gaan haal. Indrukwekkend. Lieflike strand."
"Umdloti is 'n lekker klein kusdorpie met als wat jy nodig het om 'n lekker tyd saam met familie te spandeer. Ons is mal oor die strand."
"Umdloti beaches are amazing! Only concerns is just beware of monkeys, though they are not so harmful but may sneak in your apartments for foods if door or slides are open."