Verified Reviews
Upper Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Upper Karoo
Rated 4 out of 5 based on 3215 reviews.
"Daar heers 'n ongelooflike rustige atmosfeer, maar daar sal moet aandag gegee word aan kliëntediens, asook van die plekke wat baie verwaarloos en onnet is. The Tower restaurant sal ek definitief aanbeveel, dit was die enigste restaurant waar ons vriendelike diens ontvang het en die plek was uiters netjies en versorg."
"Die dorpie soos al die ander klein dorpies is besig om te verval. Daar is niks wat die dorp bied as 'n toerisme bestemming nie. "
"Slaperige, rustige Karoo dorpie, maar bankgeriewe was beskikbaar en ek kon lekker vleis koop."
"Richmond is my voorkeurplek om oor te bly wanneer ek tussen Kaapstad en Gauteng of KwaZulu-Natal onderweg is. Ek geniet die rustigheid en stilte, maar dit is soms moelik om saans 'n eetplek te vind."
"I’ve been to Richmond more than a dozen times in the past 9 years. A total gem - especially for book and art lovers. Food is good and great shopping at Vetmuis. Stay at least one night and don’t rush through. "
"Ons het slegs deurgereis. Lindene was nie 'n toeristebestemming vir ons nie."
"Nieu-Bethesda is 'n belewenis en die eenvoud en onopgesmuktheid van hierdie dorpie en die warmte van die mense sal my altyd bybly. Hier leer mens weer dat die gejaagdheid van die lewe en die glitz en glamour van die stad nie mens se siel kan raak soos die stilte en vrede van Nieu-Bethesda nie. Ek hoop nie dat hulle ooit die dorpie wil ontwikkel nie, want dis perfek in sy grondstraatjies soos dit is. "
"Boekbedonnerd die laaste naweek in Oktober, beslils 'n hoogtepunt om by te woon. Die inwoners van Richmond is vriendelik en verwelkomend."
"Daar is geskiedkundige besienswaardighede in die omgewing. Jammer dat die kruidenierswarewinkel reeds 18:00 toe was!"
"Was a good stay-over to break our long journey. Town fairly neat, good garage, but not much going on. The sort of town where you can stay and relax without much attractions."
"Pragtige dorp, baie om te sien, net jammer hys maar soos die meeste Karoo-dorpies besig om te verval as gevolg van ekonomie."
"Nieu-Bethesda is die een plek waar jy as besoeker kan asemskep en jou siel voed. Stilte, oop spasies, vars lug, kuns, boeke en die beste in kos. "
"Verrassende mooi dorpie. Pragtige ou huise, meeste goed opgepas, in die wydse Karoo-landskap. Vriendelike mense. "
"Ouwêreldse bekoring met vriendelike en behulpsame inwoners. Die plaaslike inwoners probeer jou nie uitbuit omdat jy 'n vakansieganger is nie. Dis nog veilig om in die strate te stap."
"Oulike, pikante dorpie. Dis een van daai plekkies wat almal ten minste een keer in hul lewens behoort te besoek."