Verified Reviews
Uvongo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Uvongo
Rated 4.5 out of 5 based on 1011 reviews.
"Baie oulike kusdorpie met baie gerieflike strand en pas opgeknapte peer (Desember 2017) vir die vissermanne!"
"Ek was nog altyd 'n baie gelukkige besoeker aan Uvongo, maar was met hierdie besoek teleurgestel dat my spaarwiel van my Fortuner gesteel is in die strand se parkeerarea, met karwagte! Dit het my glad nie gerustelling gegee terwyl ons op die strand was nie. Ook teleurgesteld dat die hoofstrand weereens toe was met ons aankoms as gevolg van rioolbesoedeling. Dis een van die mooiste strande, hoekom word hierdie nie beter beheer nie? Ons was almal laas jaar dodelik siek met 'n maagvirus as gevolg van die besoedelde strandmeer. Dit sit 'n mens af om te bly terugkom."
"The word from the locals and from other friends is that they will not use Uvongo's beach as loads of people have fallen sick from swimming there. It's sad as we had to go to other beaches."
"DIe strand in Uvongo was gesluit vir 'n paar dae en die strandgebied tussen die see en die strandmeer was met hoogwater geheel en al oorstroom. Ons gaan al vir dekades Uvongo toe en voel dat die strand weer sand moet kry om die baaiers te akkomodeer."
"Ons gaan elke tweede jaar Uvongo toe en is vir ons die lekkerste plek. Sal weer gaan. Baie lekker!"
"Die hoofstrand is onbegaanbaar meeste van die tyd en ons is glad nie in kennis gestel daarvan nie!"
"Ek dink die swemstand is baie klein en daar is nie stap geleentheid op die strand nie."
"Close to Shelly Beach and Margate and easily accessible from Highway. Good Police presence in area and enough car guards when you are at any of the beaches. Nice friendly Spar. German Restaurant at St Michael's worth visiting - good service and food and reasonably priced. Toilets on Beach need attention if you compare this with Marina Beach. "