Verified Reviews
Vaalwater
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Vaalwater
Rated 4.1 out of 5 based on 140 reviews.
"Dorpie nie veel om oor te sê nie, maar die omgewimg is mooi en genoeg ander akkommodasie om na toe te gaan."
"Vaalwater as dorp het verrassende sakeondernemings om inkopies vir toer gerieflik maak."
"Ons sou net graag meer aktiwiteite in die area wou sien. Ons het Saterdag 4 ure rondgery, seker 20 websites besoek en seker 10 plekke gebel vir 'n game drive, maar ongelukkig offer niemand dagbesoeker-gamedrives nie, wat so bietjie van 'n teleurstelling was aangesien mens bos toe gaan om diere te sien. Daar is talle lodges in die area, maar niemand offer 'n game drive indien jy nie by hulle slaap nie."
"Hierdie was ons eerste kuier in die Vaalwater-area, maar van wat ons gesien en ervaar het, was ons baie gelukkig."
"Die dorpie is bietjie verwaarloos, maar daar is als wat mens nodig het soos 'n Spar en klerewinkels."
"Roads are great and not far off from the main cities. Great place to get some air and clear your mind."
"Vaalwater is 'n klein dorpie, maar in pragtige omgewing geleë. Nie veel om in die dorp self te doen nie, maar omliggende plase, verblyf is baie goed."
"Vaalwater se bosveld is pragtig en mense wat van die bosveld hou gaan Vaalwater baie geniet. Perfekte wegbreek uit die stad uit en nie te ver om te ry nie."
"Vaalwater self is net 'n plek waar jy voorraad kry. Dorpie is maar baie vervalle. Omgewing rondom is pragtig."
"Ek self was nog nooit in Vaalwater nie, dit was my eerste keer. Met al die reën was als lowergroen. Prentjiemooi plek en omgewing. Sal beslis weer besoek. Dis waar my siel rus kan vind. "
"Vaalwater is 'n piepklein dorpie waar daar nie veel aangaan nie. Interessant om deur te ry."
"Vaalwater is 'n klein dorpie maar daar is baie besienswaardighede! Beslis die moeite werd om daar te gaan bly in 'n mooi lodge."
"Hierdie is definitief 'n toeristebestemming vir liefhebbers van die natuur en die Waterberge."
"Ons het op Vaalwater gebly, het hoofsaaklik tyd spandeer in Marakele, Thabazimbi. Die paaie in die gebied is baie goed, teenoor die van Noord-Wes. Die area is skoon en mens is bewus van sekuriteit in die area."