Geverifieerde Resensie
Vaalwater
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Vaalwater bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 77 resensies.
"Vaalwater self het nie veel om te bied in terme van restaurante nie, maar Lilies & Limes Country shop, net buite Modimolle, is 'n oulike aftrek-plek vir ietsie ligs om te eet en deli-aankope."
"Dis 'n regte Laevelddorp met 'n lekker groot Spar en paar klein eetplekkies. Vir ons is dit nie moeite om te moet ry nie. Nelspruit is naby genoeg as mens meer soek."
"This is a beautiful place that is away from the city life. Fresh air and a beautiful experience."
"Ons was nie veel daar nie maar 'n oulike klein dorpie met al die benodighede."
"Ons gaan die laatse 3 jaar vir 'n week in Desember Vaalwater toe, baie lekker area om te rus."
"Vaalwater as toeristebestemming bied net die plekke aan wat jy kan gaan bly daar is nie veel restaurante vir ontbyte of geskiedkundige plekke om te sien nie."
"We visited Welgevonden twice so we are familiar with the area. The roads are great. We just need to buy a 4x4. A very scenic area. Would like to visit the area again."
"Vaalwater het 'n baie goeie Spar en winkeltjies vir nodige aankope. Besienswaardighede vir gesin wat ons fantasties gevind het is: Waterberg Living Museum, dit is baie interessant, netjies, vriendelike goeie diens en bied ook restuarant en winkeltjie. Asook Eventieria, interessante en verskeie dier- en voëlsoorte om te sien en bied ook 'n restuarant."
"Dorpie nie veel om oor te sê nie, maar die omgewimg is mooi en genoeg ander akkommodasie om na toe te gaan."
"Vaalwater as dorp het verrassende sakeondernemings om inkopies vir toer gerieflik maak."
"Ons sou net graag meer aktiwiteite in die area wou sien. Ons het Saterdag 4 ure rondgery, seker 20 websites besoek en seker 10 plekke gebel vir 'n game drive, maar ongelukkig offer niemand dagbesoeker-gamedrives nie, wat so bietjie van 'n teleurstelling was aangesien mens bos toe gaan om diere te sien. Daar is talle lodges in die area, maar niemand offer 'n game drive indien jy nie by hulle slaap nie."
"Hierdie was ons eerste kuier in die Vaalwater-area, maar van wat ons gesien en ervaar het, was ons baie gelukkig."