Verified Reviews
Velddrif
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Velddrif
Rated 4.5 out of 5 based on 860 reviews.
"Dit was so lekker, rustig, almal is vriendelik en hul OK was goedkoper as wat ek in die Kaap sou betaal!"
"Ons gaan baie na Port Owen toe. Ek dink dit is 'n wonderlike plek om weg te breek vir 'n naweek. 'n Mens kan regtig daar lekker rus en ontspan. Oor die algemeen is die mense daar ook baie vriendelik. My hele gesin hou van die plek."
"Indien die Weskus die juweel van Suid Afrika is, is Port Owen die ster in die kroon. Wonderlik. Altyd lekker op die Weskus."
"Velddrif is redelik interessant met die Vissery Museum, asook Bokkomlaan met die bootritte, Dit is ook naby ander Weskus-aantreklikhede. Goeie eetplekke."
"Stil en rustig teenaan Velddrif wat baie geriewe bied. Oulike koffiewinkel en "craftshop"."
"Daar gaan nie veel aan in Port Owen nie. Dis 'n plekkie waarheen jy gaan as jy wil wegkom van die gejaagde stadslewe af. Daar is egter baie strande waarnatoe jy kan ry. "
"It would've been nice if there was more things to do. We were disappointed that we could not see the salt making process, as Cerebos no longer do tours. I would also not recommend that you stay over on a Monday, as everything is closed on Mondays. "
"Port Owen is nie te ver uit die stad nie, maar tog weg van al die stadsgeraas."
"Pragtige skoon dorpie en laat 'n mens dink aan Walvisbaai. Vriendelike mense met die lekkerste en varste seekos. "
"Die dorpie bied vriendelike bekostigbare verblyf en kuierplekke. Dit is ideaal geleë aan die Weskus om daagliks ander plekke te gaan verken en te besoek. Dit is 'n aangename stil plekkie vir 'n rustige wegbreek."
"Port Owen is 'n vakansie dorp vir rustige mense, heerlik stap, fietsry en op die river canoe en as jy 'n boot het kan jy heerlik rond ry op die rivier en vandaar af visvang. Jy voel altyd veilig in Port Owen."
"Geweldig beïndruk met Velddrif. Velddrif is ongerep, die mense sout-van-die-aarde, lieflike mense. Nie kommersieel soos omringende dorpies nie. Bokkomlaan met die stofstraat regs langs die vlei bekorend met o.a. die interessante winkel, Ek en Djy Vissery asook Flamingo Trading Post waar ons heerlike vars engelvis oor die kole gebraai en geniet het asook die gashere Mark en Petra. Ek het onmiddellik begin uitkyk vir eiendom."
"Wat Port Owen so lekker maak is dat dit nie deur honderde dagbesoekers bestorm word soos ander plekkies in die Weskus nie."
"Velddrif het pragtige strande en al die klein, versteekte eet- en kuierplekkies gee die dorpie baie karakter."