Verified Reviews
Velddrif
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Velddrif
Rated 4.5 out of 5 based on 860 reviews.
"Aangename en rustige plek om te ontspan. Moet net bereid wees om die wind en die weer te vat soos dit kom."
"Die boottrip van Tollies was voorwaar 'n wenner. Baie vriendelike mense en vertel jou baie van Velddrif en Port Owen area. Die roei deur die Bergrivier was baie lekker. Dis baie skoon en netjies. Iets wat ek enige tyd weer sal doen."
"Port Owen is 'n pragtige plek en ons gaan beslis teruggaan om daar ook te gaan vakansie hou."
"Port Owen is een van ons gunstelingplekke. Ons kry nie genoeg van die Weskus nie en beveel almal aan om tog eendag daardie huisie by die see te gaan koop. "
"Wat 'n pragtige, skoon en vriendelike dorpie en soveel om te doen. Beveel dit beslis aan, dit is die moeite werd om te besoek."
"Port Owen is 'n pragtige plek wat ingestel is op die behoeftes van toeriste. "
"Klein rustige dorpie maar met die nodige winkels naby en die see en baie plekke om te besoek in die omgewing. Daar is wel dikwels mis wat mens uitsig kan benadeel so mens moet daardie risiko aanvaar."
"Ons het lekker rondgery in die omgewing - Velddrif en Dwarskersbos. Die Fosielpark naby Langebaanweg is 'n absolute moet!"
"Sentraal geleë vir rondry in die omgewing en saans terug te kom na 'n pragtige rustige omgewing."