Geverifieerde Resensie
Victoria West
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Victoria West bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.9 uit 5 gekry volgens 448 resensies.
"Baie eenvoudige, maar mooi klein Karoo dorpie, nie baie groot nie, maar nogtans stylvol en interessant."
"As jy 'n Karookind soos ek is, het die Karoo 'n anderse besonderse mooi. Seker nie 'n toerismebestemming nie, maar die mooi lê in die sterre, oop lug en vlaktes."
"Ons was op pad na Sutherland en plaaslike mense het ons aanbeveel om via Matjiesfontein om te ry. Ons was aangenaam verras. Dis 'n pragtige pad en Matjiesfontein is 'n fees."
"Hulle moet hulle ou geboue net so behou en niks moderniseer nie. Dit gee karakter aan die rustige Karoodorp."
"Die droogte het watervoorsieningsprobleme in die dorp tot gevolg. Die plaaslike opgaardam is kurkdroog."
"Die hotel voorsien lieflike en smaaklike etes. Dit was 'n nuwe ervaring vir ons om hier oor te bly, ons eerste maar nie die laaste nie."
"Baie interessante dorpie. Het al baie daar deurgery en nie besef hoe mooi dit eintlik is nie."
"Baie oulike geboutjies in hoofstraat, net die regte plek vir beleggers om van dorpie 'n heerlike besienswaardige plek te maak wat dan ook meer vakansiegangers sal lok. Wat 'n verrassing om nog grondpaaie te sien in van die strate. Hou dit gerus so. Was heerlik om in Victoria West te kon oornag."
"Dink dit is 'n oulike en rustige dorpie, en dit is goed geleë om halfpad te oornag."
"Hotel se restaurant fantasties,pragtig binne, diens uitstekend en kos uitstekend. Kok kom self om en knoop geselsies aan."
"Moet miskien daar regtig stop en kyk, maar vir 40 jaar ry ons altyd deur en is die eerste keer wat ons daar slaap."
"Victoria-Wes is 'n charming klein dorpie met veel te sien - die kerk wat Kersmusiek gespeel het in die oggend en aand was 'n hoogtepunt om ons in die vakansieluim te kry. Die Anglikaanse kerk het 'n mooi storie agter hulle loodglas vensters en die Apollo Teater se art deco styl kan net bewonder word. Daar is ook staproetes in die reservaat. En natuurlik 'n lekker restaurant vir die wat honger is en nie wil kook nie! "
"I rate it as excellent but only because we stayed at Moonlight Manor. All the shops were closed when we got there, so it made it a little bit uncomfortable."
"Nie veel van Victoria West gesien nie. Straat op pad na gastehuis lyk bietjie neerslagtig, maar die gastehuis 'n gawe verassing. Sal moeite doen om weer daar oor te bly."