Verified Reviews
Waterberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Waterberg
Rated 4.4 out of 5 based on 2618 reviews.
"Die mooiste mooi, baie wild, regte Bosveld, warm weer, alles verkwik 'n moeg gemoed!"
"As jy 'n goeie rustig wegbreek wil hê om uit te rus is dit die ideale plek daarvoor, want die sekuriteit is tops."
"Pragtige omgewing, lekker naby aan die stad vir 'n vinnige blaaskans."
Leeupoort Vakansiedorp, Waterberg
Vir Altyd"Kort dalk meer swem-areas. Paaie het heelwat spoelskades gehad (bietjie erg vir 'n sedanmotor) as gevolg van sikloon Helios, maar was nogtans rybaar. Die oord se aanduiding na waar die reservaat is kort dalk "bietjie aandag". En uitleg van paaie/roetes in reservaat."
"Ver genoeg van Pretoria/Johannesburg om soos vakansie te voel, maar naby genoeg vir 'n vinnige wegbreek oor 'n naweek! Perfek!"
"Die strate was 'n verrassing met bitter min slaggate en die dorpie was mooi skoon en netjies."
"Die dorp het verrassend baie besienswaardighede en ontspanningsgeriewe - ons was bv. verbaas om uit te vind van die dieretuin."
"Beautiful location, wonderful animal sightings and a special and memorable family holiday!"
"Beautiful scenery and bush experience. Next time will definitely use a 4x4 or at least a bakkie as the roads were a bit treacherous."
Leeupoort Vakansiedorp, Waterberg
Rustig in die Bosveld"Dit was my eerste besoek aan die dorp en ek is baie beïndruk met hoe skoon die dorpie is."
Leeupoort Vakansiedorp, Waterberg
Disa 336"Baie rustig en stil. Net waarna ons soek. Sal weer Leeupoort besoek."
Leeupoort Vakansiedorp, Waterberg
Leeupoort Plaashuis"’n Besonderse bederf weg van alles af. Definitief my gunsteling vakansieplek. Veilig en skoon met baie diere en vriendelike mense."
"Was verras en verlig dat almal in strate en winkelsentrums maskers gedra het in hierdie Covid-19-tydperk."
Leeupoort Vakansiedorp, Waterberg
Hornbill Lodge"Die geriewe op die terrein is ook baie netjies en skoon. Dit sluit in die kroeg, restaurant, winkel, drankwinkel asook die slaghuis. Die vriendelike personeel is ook baie behulpsaam. Al die geriewe word regtig goed in stand gehou. Die koeltebome by die swembad is 'n regte lafenis. Die biltong en droë wors by die slaghuis is van baie hoë gehalte. Ek het self 'n paar honderd rand se biltong saam terug gebring. Vir diegene wat op soek is om vir 'n slag weer in die natuur te wees, is hierdie die plek."
"Ander Waterberg plekke soos Zebula en Mabula het ek al baie besoek, omtrent 2 tot 3 keer per jaar, en hulle is uitstekend nog geen probleme gehad nie!"
"A lot of the places were run down or not open, I am assuming a tragic consequence of COVID, as a result, there was not much to really do in the area. However it was a great place to just unwind."