Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 10996 reviews.
"Lekker plek! Nie te besig nie, nie te stil nie. As jy beplan om te swem, huur 'n huis met 'n swembad of koop 'n wetsuit, die water is koud! "
"There is a need for a public swimming pool or a heated one in the vicinity of the beaches for kids to swim because the sea water is most of the time cold in this area. Britannia Bay is an excellent holiday destination. "
"Langebaan is 'n baie lekker plek en sal enige persoon aanbeveel om dit te besoek. Mense is ook baie vriendelik."
"Strand is nie baie skoon nie. Daar is plastiek en gemors op die strand wat hulle dalk net op 'n daaglikse basis kan skoonmaak."
"Dis in die hartjie van die Weskus, naby verskeie ander strande met goeie seekos, bekostigbare pryse en gasvrye, dier-vriendelike weskus gemeenskap. 'n Ware stukkie paradys."
"Die Weskus is 'n ideale bestemming met iets vir almal: Tee-proe in Clanwilliam; bootvaart in die hawe van Lambertsbaai; restaurante vir alle smake; kunstenaars en natuurlik ongelooflike, ongerepte strande."
"Muisbosskerm ete was fantasties. Voëleiland was teleurstellend. Die plek was nie mooi versorg nie en die curio winkel was so te sê leeg. "
"Die mooiste kusdorp, pragtige plekkie langs die see. Baie vriendelike, gawe mense. Ons het elke oomblik daar geniet!"
"Die dorpie kort meer eetplekkies. My mening is dat die dorp stadig maar seker begin agteruitgaan. Verder is dit 'n oulike plekkie. Daar is nie baie besienswaardighede nie. "