Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 7117 reviews.
"Jacobsbaai is 'n pragtige klein dorpie, perfek vir as jy 'n stil wegbreek soek. Almal is baie vriendelik en daars groter dorpe naby genoeg as jy iets wil koop."
Britannica Heights, West Coast
Elm Tree Guest Farm"Lieflike ongerepte see, skoonheid om rustig te ontspan."
"Rustig en kalm atmosfeer. Bring daardie rustigheid en kalmte in jou gemoed. Net wat jy nodig het na 'n besige jaar."
"Redelinghuys is good as a stop over town. Cemetery and church is worth a visit but really not much to do there."
"Wat regtig pla, veral oor naweke, is kinders wat bedel in besigheids-hub en gedrinkte volwassenes in besigheids-hub. Groot probleem in die algemeen en wat ontstellend is, is die groot getal verwaarloosde honde in die area."
"Elandsbaai kry 3-sterre. Die res van die Weskus is ongelukkig droog en nie so interessant nie. "
"Ons het baie lekker gekuier en die restaurante het heerlike kos. Die wind waai ongelukkig baie in Desember en ons kon nie elke dag op die strand uitspan soos beplan nie. "
"Snuistery winkeltjies en ander kan gerus deure geopen hou gedurende spits seisoene oor etenstye."
"My hart is in die Weskus. En Lambertsbaai het alles wat nodig is vir 'n ongelooflike vakansie."
"Pragtige plekkie, vriendelike mense, topklas restaurante en goeie waarde vir geld."
"Elandsbaai is 'n baie klein dorpie met baie mooi natuurskoon en ongerepte strande. Vir dié wat wil wegkom van die gejaag en harwar is dit die ideale bestemming. Die mense is vriendelik en alles is binne loopafstand. Daar is winkeltjies wat die nodige voorraad aanhou, maar bring liewers jou eie voorraad saam. Die kinders het dit geniet om te probeer branderplankry en daar is wet suits te huur. Die water kan nie regtig sonder een aangedurf word. Lang ente stap op die strand is 'n moet en dis heerlik om saans die mooi sonsondergange te geniet. Die trein wat gereeld verby gaan pla glad nie en was besonders om te sien en te probeer trokke tel.Al wat gepla het is die verskriklike verwaarlosing en vullis is by die grot. Dis 'n baie rustige bestemming."