Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 7117 reviews.
"Daar moet iets gedoen word t.o.v. die vullis op die strand, in die strate en op die plotte. Sommige mense waardeer nie die unieke paradys nie."
"'n Wonderlike, natuurskone paradys met 'n absolute rustigheid en die beste "snoek parcel" op die Weskus!"
"Van haarsalon tot slaghuis tot drankwinkel tot vissers op strand en inwoners - wonderlik! Dorpie pragtig!"
"Britanniabaai is vir diegene wat wil wegbreek van die gejaag van die stad en werklik net die see en natuur wil gaan geniet."
"Baie lekker, rustig skoon met asemrowende natuurskoon. Die kreef depot kan gerus 'n bietjie van sy tonne krewe beskikbaar maak aan die toeriste, hetsy met 'n kreefinligting en braaigeleenthede, of vir selfs braai ten minste een maal per week in Desember."
"'n Geheim van die Weskus. Wat 'n stunning, pragtige, skoon en veilige dorp met die mooiste strand. Moenie vir te veel mense vertel nie!"
"A lovely and peaceful place, if you compare it with Saldanha or Langebaan! Paternoster was also beautiful, but as we visited it in peak season it was very busy there. Die Weskusplek was also well worth the visit, fantastic spot, nice food and friendly people. We traveled to the West Coast from Pretoria, to attend a wedding in Langebaan, and I definitely think we made the best choice with staying in Jacobsbaai!"
"Paternoster was een van die laaste ongerepte plekkies aan die Weskus. Dit was met hartseer om die ontwikkeling daar waar te neem in die 12 maande van ons laaste besoek."
"Heerlike, rustige vakansiebestemming. Baie om te sien in die omgewing as jy bereid is om rond te ry."
"Die plek is uiters skoon as dit vergelyk kan word met Gauteng. Die water is koud maar die strande is pragtig. Binne bereik van Paternoster, Langebaan, Kaap Columbine Natuurreservaat, Yzerfontein, Velddrif en baie ander. 'n Baie lekker vakansiedorp!"