Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 10996 resensies.
"Rustige Weskus dorpie waar jy kan wegbreek en rustig wees maar tog naby aan verskeie omliggende dorpe sou jy meer wou sien en doen. Lekker eetplekke en heelwat is troeteldier vriendelik."
"Een van die mooiste bestemmings aan die Weskus. Hul lagoon is die mooiste in die land!"
"Doringbaai is 'n bekoorlike en piepklein plekkie wat jy sommer tjop-tjop kan deurstap. Die ewe pragtige Strandfontein is ongeveer 7 km van Doringbaai geleë vir diegene wat die omgewing wil verken."
"Baie klein dorpie en daar gaan nie baie aan nie. So as jy net wil breek van besigheid in die stad dan is dit n perfekte wegbreek plek. Dis so rustig."
"Ons eerste keer op Lamberts en dit is 'n plek waarheen ons weer en weer sal teruggaan. Die plek het 'n regte rustige vakansie-gevoel gehad, self buite seisoen. Die mense is een van die grootste bates van die plek."
"Beautiful Town, SPAR well stocked staff very friendly. Filling Station staff very friendly. Pizzas from 'Meeurots Restaurant' above the SPAR were not edible, service exceptionally slow. Pharmacy, Pharmacist was exceptionally helpful, in helping with medication that would be compatible with my chronic medications and heart bypass.'Beaches Restaurant & Bar' stunning position, magic service & hospitality. 'Lulas Restaurant' we phoned a number of times, left a message, not sure if they are in business. 'Die Stal' served a fair breakfast within an adequate service time. Beulah Farm Deli, good coffee, good food, breakfast by the gram weight, good service. Will visit Yzerfontein again."
"Vir vlieërplankry is dit perfek. Lyk of die dorp/strand oor die algemeen troeteldiervriendelik is wat dit vir die hele gesin baie lekker maak."
"Hulle sal net moet laat kyk na openbare geriewe as mens nie daar bly nie anders 'n baie oulike plekkie."
"Rustig maar nie regtig baie om te doen nie. Naweke is bestemmings toe van vroeg af en as jy nie drink nie is daar nie veel aan Langebaan nie. Ek persoonlik sal nie weer daar gaan vakansie hou nie."
"There is not much to do in St Helena Bay. It's really a place to go to when you're in need of chill time. We however explored along the way and stumbled upon a gem, Langebaan Nature Reserve."
"Mooi area en skoon net jammer dat mense iets elke 5 tree iets aan jou probeer verkoop, kan irriterend raak."
"Jacobsbaai, in my opinie, is 'n juweel van 'n kusdorp! Die grondpaaie laat my terugdink aan die dae toe ek nog kind was en buite gespeel het tot die straatligte aankom. Die klein kafee het die basiese benodigdhede beskikbaar: brood, melk, suiker, ens. Dit is net reg."