Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 10996 reviews.
"'n Wonderlike rustige dorp met pragtige mense en nog meer pragtige areas om te besigtig. Daar is iets om te doen vir jonk en oud. Alles wat jy nodig het is tot jou beskikking. "
"Ons het lekker rondgery in die omgewing - Velddrif en Dwarskersbos. Die Fosielpark naby Langebaanweg is 'n absolute moet!"
"Ons dink Yzerfontein as toeristebestemming is wonderlik en het groot potensiaal. Ons ry baie kere daar aan en het al baie mense daarheen verwys. Daar is goeie restuarante, puik gastehuise teen bekostigbare pryse, lekker stapplek en natuurskoon waar jy kyk."
"Paternoster is pragtig, ek dink egter dat die winkels duur is vir die plaaslike besoekers, as dit vergelyk word met al die ander dorpies aan die Weskus. Die restaurante is ook baie besig en gewoonlik vol so as n mens nie bewus is daarvan nie en jy slaap net vir 'n paar aande oor is dit moeilik om plek te kry vir 'n goeie maaltyd. Dit bly egter 'n baie spesiale, unieke plek wat prentjiemooi is."
"Weskus stel nooit teleur nie. As jy van natuur en buitelug hou, is dit die plek vir jou."
Longacres Country Estate, West Coast
The Quiver Tree"Dit is ideaal vir almal wat wil wegkom van die stadsgevoel af."
"Dit is 'n wonderlike vakansiebestemming vir oud en jonk. Goeie restaurante en vermaak. Watersport is veilig op die lagoon. Ek beveel dit ten sterkste aan."
"Ons hou baie van Paternoster. Die strande sijn asemrovend en die see es prachtig. Ons hou van die restaurant "Gaatjie" en ook die ervaring bij "Oep ve Koep"was interessant."
"Sentraal geleë vir rondry in die omgewing en saans terug te kom na 'n pragtige rustige omgewing."
"Pragtige en veilige bestemming in die middel van die Weskus. Goeie keuse vir 'n blyplek terwyl die Weskus verken word."