Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 7117 resensies.
"Lambertsbaai is klein, maar oulik. Dink mens kan lekker vakansie hou daar."
"Velddrif is an interesting place to visit - Bokkomlaan, boat trips on the Berg River, harbour visit, a number of decent food places e.g. Die Vaaitjie Pub and restaurant in Port Owen. Limited shopping opportunities apart from the curio shop at the harbour and the great Spar and gift shop in the same complex."
"Mal oor die plekkie. Heerlik geëet by Die Visvlekhuis. Weskus het ons Harte gesteel."
"Ons bly in Langebaan en dit is altyd lekker om in Lambertsbaai te gaan kuier! Opregte, vriendelike mense, oral waar jy gaan! Ons was by die Malkopfees en dit was great gewees! 10/10! Sien julle gou weer!"
"Té veel onwettige en lastige smouse in Paternoster. Baie geboue nie goed versorg nie. Tekort aan behoorlike inkopiewinkels. Winkels onnodig duur met basiese benodigdhede en klein geskenkies. Paternoster is 'n ietwat slordige dorpie met min wetstoepassing."
"Paternoster is 'n pragtige dorpie met baie besienswaardighede en Tietiesbaai is beslis die moeite werd om te besoek."
"Ons het gekonsentreer op areas van belang vir voëlkykers en was nie teleurgestel nie. 'n Bootrit op die Bergrivier was 'n hoogtepunt asook 'n ontbyt in die bekende Bokkomlaan langs die rivier."