Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 7117 resensies.
"Ons was in 2007 laaste in Paternoster. Ten spyte daarvan dat die dorpie baie uitgebrei het, het dit steeds die tipiese Weskus gevoel."
"Vir ons wat in die Kaap woon, is Yzerfontein die ideale vakansiebestemming - veral vir 'n kort wegbreek. Dis nie te ver nie, dis pragtig en dis 'n netjiese en skoon kusdorp met genoeg verblyf."
"Lovely coastal village with an interesting history and perfect for coastal running and walking. "
"Dis 'n baie mooi dorp, maar daar is baie kinders wat rondloop en 'n mens regtig pes om goedjies by hulle te koop. Ons het Saterdagaand rugby gaan kyk by die hotel omdat dit die enigste plek was met 'n kragopwekker tydens beurtkrag. Die eetkamergedeelte waar ons gesit het, was reg langs die rokers-gedeelte en baie jong mense het by die etenstafels gesit en rook. Ten spyte van klagtes, is daar niks aan gedoen nie. Die wassery was baie tegemoetkomend en het ons wasgoed binne 24 uur vir ons gewas en gestryk - ten spyte van beurtkrag."
"Baie rustig en veilig. Die mense is ook baie vriendelik en behulpsaam. Die kos by die eetplekke is puik. Geen bedelaars wat mense lastig val nie."
"St Helena Bay and surrounds is a gem well worth exploring. You won't be disappointed."
"Yzerfontein is veel groter as wat ons gedink het. Daar is genoeg winkels en restaurante met heerlike kos en selfs kuierplekke waar jy tydens load-shedding jou tyd kan verwyl. Ons sal weer gaan kuier."
"It is a must-visit place. If you need a break from city life this place is perfect and the Paternoster Studio is within walking distance of the beach."
"Die kinders wat loop en bedel soos jy loop en jou nie vir 'n sekonde uitlos nie, maak dat ons nie sommer weer terug sal gaan nie. Ons het Tietiesbaai baie meer geniet!"
"Wonderlike wegbreekdorpie met lekker restaurante en natuurlik die lekkerste bakery vir brood en gebak."
"Pragtig maar baie stil hang af waarvan jy hou. As stilte jou ding is dan is die 'n moet."