Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Gefuif en gedrink deurnag het ons definitief nie aangegaan nie. Elke aand van die 7 dae wat ons ingeboek was."
"Keep up the good work. I will return for another holiday. Thank you, thank you, thank you. Excellency."
"Baie interessante plekkies om in rond te snuffel, en baie eetplekkies en koffiewinkels, maar lekkerste om vir kilometers op 'n wandelpad teen die see te kan stap en veilig te kon voel."
"Beautiful, serene, paradise! Truly a blessing to be in one of God's best creations. Will be back soon."
"Ashton is 'n oulike dorpie met baie om te sien en doen, veral om 'n glasie wyn! Die mense in die gebied is oor die algemeen baie gasvry en vriendelik. "
"Baie lekker plattelandse dorp met al die nodige fasiliteite en gerieflik naby aan die strandoorde."
"Jongensfontein is 'n lekker kusdorpie, maar daar is geen goeie swemplek in die see nie. Net rotse. Dis pragtig, maar nie vir die mense wat in die branders wil baljaar nie. Pragtige klein plekkie met genoeg winkels om die nodige aan te koop."
"Ons het nie baie tyd in Clanwilliam self deurgebring nie, maar het drie keer daar gaan eet. Eers by 'n gastehuis met die mooiste interessantste tuin en toe weer by 'n padstal en laastens by 'n restaurant met 'n oulike winkel vir snuisterye. Dit was drie uiteenlopende, maar goeie ervarings. Ons het nie die teefabriek besoek nie, wat dalk 'n goeie idee is vir 'n volgende keer. Ons het Clanwilliam agtergelaat met 3 pare rooi vellies en wag nog vir die regte geleentheid om hulle te dra!"