Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Gansbaai is 'n pragtige plekkie wat baie netjies is en oor als beskik wat jy nodig mag kry. Ek sal beslis ook Tolbos Restaurant aanbeveel hulle kos en diens was puik."
"'n Baie mooi plattelandse dorpie waar jy sielerus kry en net kan ontspan. Saterdagmark was heerlik en al die staproetes was so lekker. Restaurante voldoen aan die hoogste verwagtinge. Ons sal Greyton vir seker weer besoek."
"Clean town with lots of tourist attractions. Rust and Vrede waterfall was beautiful and the Cango Caves a must see. Quaint restaurants. Loved the town and it's local people.Would highly recommend Oudtshoorn for a family adventure."
"Die mense van Albertinia is so vriendelik. Het lanklaas so iets beleef waar mense jou groet sonder dat hulle jou ken. Rustige dorpie."
"Bietjie afgesonder, as jy sosiaal ingestel is, nie die regte plek nie. As jy wil rus en ontspan, net die plek vir jou! Blootgestel aan die weer. Ons week (end November) was daar net suidooster gewees. Dit beperk jou buite aktiwiteite. Daar is ook nie 'n lekker loopstrand soos Langebaan en Yzerfontein nie. Sal weer teruggaan soontoe. "
"Lieflike omgewing met vriendelike mense wat baie bied aan reisigers en natuurliefhebbers. "
"Die dorpie maak goeie voorsiening vir toeriste en die winkeltjie op die dorp het verras met lekker varsgebakte melktert en souttert en baie avokado en vars vrugte en groente. Baie oulike eienaar wat voorsiening maak vir stadsjapies se voorkeure. Dankie daarvoor!"