Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Die omgewing het baie om te bied, maar ons sal nie weer in die dorp oornag nie. Die restaurant "Bourbon Street" was bo verwagting en die kos heerlik."
"Witsand, in my opinie, is 'n ongeslypte diamant. Die area se walvistelling is elke jaar hoër as Hermanus, en hulle spog as die 'whale nursery' van die kuslyn. Ons het dit inderdaad so beleef. Dis 'n klein kusdorpie, met 2 winkels, 'n klein kerkie, 2 restaurante teen die strand en vakansiehuise. Dit is verseker pretensieloos aan die ou kant, maar soos by meeste plekke is dit effens bederf met 'n nuwe landgoed ontwikkeling by die ingang van die dorp. Uit 'n ontwerpsoogpunt voel die dorpie effens perongeluk. Daar is min in die lyn van bakens, of enigiets wat as leidraad dien om jouself te oriënteer. In hierdie geval dink ek Witsand het potensiaal om 'n bestemmingsdorpie te word met egte bekoorlikheid. Witsand se mense, aan die ander kant, is baie vriendelik en aangenaam, en trots op hulle dorpie. Ons sal verseker teruggaan."
"Ek het my hart verloor op Merweville. Ons is oral so vriendelik ontvang. Dit voel of 'n mens deel van 'n familie is. Ek sal definitief weer gaan kuier."
"Michaels restaurant naby die gastehuis bied ongelooflike waarde vir geld. Enigiets van ontbyt to aandetes."
"Ons geniet dit om in Robertson te gaan kuier. Ons het die aand by die Four Cousins restaurant gaan eet. Die kos smaakvol en baie goed voorberei en bedien. Ons sal Four Cousins definitief aanbeveel."
"Hulpvaardige mense en 'n ideale vakansiebasis dorp om ook die omgewing te verken."
"Dis verseker een van die kleiner dorpies wat mens moet gaan sien en daar gaan woon vir 'n paar dae. Die stilte en rustigheid is natuurlik 'n wenner en die vriendelike mense (oral waar ons was in en om McGregor) was voorwaar uitsonderlik."
"Ons het ons eerste oggend na die see toe gestap en op 'n groep stropers afgekom. Daarna onveilig gevoel en die see vermy."
"Ek kan Van Loveren wynplaas sterk aanbeveel, daar is 'n staproete as jy kans sien vir 'n steil bult met asemrowende uitsigte. Ook fantastiese restaurant, tuine, ens. "