Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"In die winter is daar nie veel om in Hartenbos te doen nie, veral met klein kindertjies. Maar Hartenbos is 'n fantastiese vakansiedorpie, veral in die somer."
"Bly maar een van ons gunsteling vakansieplekke en so baie om te sien en te verken."
"Dis 'n baie lekker vakansiedorp, sal volgende keer langer wil vertoef."
"Omgewing mooi skoon. Paaie in goeie toestand. Puik diens deur die plaaslike besighede."
"Gaan stap saam met Ailsa (die Storyweaver). Buiten haar kennis wat sy oordra, het sy die wonderlikste sin vir humor en mens is sommer lief vir haar. Sonder haar vertellings sou Prince Albert nie dieselfde wees nie. Die Gay's Dairy was om die minste te sê 'n mislukking. Mik verby. Hoop hulle sien hierdie kommentaar en doen iets daaraan, want hulle kaas is regtig lekker, maar die res is moeilik om eers as 'n toeriste-aantreklikheid genoem te word!"
"Sou graag meer met die kinders wou doen. Kon nie gaan stap nie en dorpie nie veel gebied in area nie. Sondag was van die plekke wat ons wou besoek het toe."
"Gordonsbaai is ideale toeristebestemming, naby die wynroetes, die mooiste pad om die kus (Clarence Drive) wat mooier is as Chapmans Peak. Die strand en strate is skoon. Daar is genoeg winkels om daaglikse benodighede te koop en die groot Somerset Mall is nie ver nie. Buite seisoen is dit stil en rustig en dit voel veilig om op die strande te stap. Die uitsig vanaf Gordonsbaai is onvergeetlik mooi. 'n Perfekte vakansiebestemming."
"Dis veilig en naby die Waterfront geleë, loopafstand, en ander restaurante. Die lughawe is 20 min se ry en gee 'n mens genoeg tyd om lekker te ontspan."
"Ek het familie en vriende daar. Dit is 'n mooi rustige plek waar jy kan rus en die natuur kan geniet."
"Witfontein bergfiets- en staproetes is lekker naby en kan 'n mens besig hou vir dae lank. Die botaniese tuine is ook baie mooi, en daar is 'n Park Run elke Saterdag oggend vir die mense wat aktief is."
"Somerset-Wes is redelik sentraal, baie toeganklik en alles is maklik bereikbaar. "
"Kleinmond is te kommersieel vir 'n wegbreek vir my. Natuurlik was dit aangenaam om Spar oop te kon hê tot 19:00 om 'n laaste melk te kry. Maar ek verkies liefs Bettiesbaai."
"Bonnievale is a maze to tourists. Finding the correct number to reach the right person is an adventure in itself. "
"Baie rustig en baie mooi. Perfek vir bietjie afskakel en lekker rus. "
"Jy sal nooit verkeerd gaan daar nie. Als is om jou, van kos tot vermaaklikheid. "
"Die visfabriek se reukie is soms oorweldigend. Verder was dit 'n heerlike bestemming. Met die pienkste flaminke ooit!"