Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Ongelukkig was ons tyd te min om die dorp behoorlik te verken. Was verras met verskeidenheid van eetplekke die aand."
"Ek en my vrou en van ons vriende hou van die omgewing van die hawetjie."
"Skoon strande. Veilige gebied. Mens kan ontspan en die lieflike wandelpaaie geniet. Dit bly ons nommer 1 keuse vir 'n seevakansie."
"Baie om te doen in natuur. Nie dieselfde kwaliteit restaurante as Hermanus, maar die dorpie is sommer naby. Hemel en Aarde Vallei is 'n moet. So ook Harold Porter natuurtuin en pikkewyne. Die plaaslike Spar is fantasties en daar is uitstekende groente en vrugtestal oorkant die pad. Baie beter waarde as Hermanus in terme van akkommodasie. Die dekor en kunswinkeltjies, en tweedehandse boekwinkels in Harbour Road is regtig 'n besoek werd."
"Fantastiese vakansieplek met lekker weer en min wind. Alles is lekker naby en daar is genoeg te doen om kinders besig te hou."
"There is no Mr Delivery or at least not one that we could pickup on our search."
"Ons is mal oor Bloubergstrand! Daar is ‘n unieke energie wat dié spesiaal maak. Dit bied jou legio opsies aan van roomys tot restaurant en die Kaapstad se middestad en die V&A Waterfront is maklik bereikbaar. "
"Baie sekuriteit by al die huise is 'n aanduiding van inbrake. Dis jammer, want dis 'n pragtige plek."
"Hartenbos is 'n besonderse toerisme plek. Die geriewe vir die kinders is 'n Groot Bonus. "
"Oudtshoorn is natuurlik 'n juweel in Suid Afrika. Alhoewel in die Klein Karoo geleë, bied dit sy eie bekoorlikhede. So baie rondom Oudtshoorn te doen, Kango grotte, Volstruisplase, Swartberg pas, Prins Albert, Calitzdorp se wyn ens, ens. O ja, en dan natuurlik die KKNK!"
"Pragtige skoon dorp. Strand gebied skoon en lekker om op te stap. Vriendelike gemeenskap en behulpsaam."
"Netjies plattelandse dorp met pragtige wyn-, vrugteplase in die nabye omgewing wat besoeke werd is. Ook baie na aan Tulbach en Ceres met wat die twee dorpe ook alles aan besoekers bied."
"Langebaan is 'n lekker plek om te gaan naweek hou! Al wat sleg is as jy 'n buitelug person is, is dat die wind altyd daar waai. Daar is lekker restaurante en winkeltjies."
"Montagu self is 'n baie oulike klein dorpie met 'n paar kindervriendelike restaurante waar die kinders kan speel."
"Ken die area goed en Glentana het 'n wonderlike strand. Naby Groot Brakrivier en wonderlike plekkies en restaurante om te besoek. "