Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Dalk 'n ordentlike restaurant of koffiewinkel. Die kafee wat daar is voldoen definitief nie aan gesondheidsregulasies nie."
"Keurboomstrand is ongelooflik mooi! Dis stil, rustig en veilig. Ek wens ons kon langer bly. Ons sal dit vir enige iemand aanbeveel!"
"Worcester is pragtig. Omrig deur asemrowende berge. Die mense is vriendelik en die dorp is warm met 'n goeie klimaat en reënval. Net 'n fantastiese plek."
"Ek was 3 jaar gelede daar en met hierdie besoek was die strand merkbaar vuiler. Dooie, stink seegrasse en "vis-oorblyfsels" het die strand versuur. As dit gereeld skoongemaak word, sal dit weer die pragtige prentjie wees wat ek onthou."
"Die Karoo bekoor 'n mens elke keer as jy daardeur ry en roep mens om terug te kom. Die berge is ongelooflik fantasties. "
"Jacobsbaai is 'n beeldskone, klein dorpie met die oulikste wit huisies. Daar is nie veel te doen of permanente inwoners nie, maar die mense wat wel daar is, is verskriklik vriendelik! Daar is wel nie 'n swemstrand nie, maar Paternoster is gelukkig gerieflik naby! Die huise in Jacobsbaai is goed versorg en vreeslik mooi om so as 'n geheel te beskou. Weskus, plek het ongelukkig hul deure gesluit. Daar is nie veel aktiwieteit in Jacobsbaai nie, wat dit dus die perfekte basis maak vir rustig slap en braai! Fantastiese geriewe en ervaring!"
"Ons hou van die atmosfeer van die baai. Voel tuis tussen die "locals". Skoon en lekker vakansie atmosfeer."