Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Gaan kuier by René en vra vir sy gewilde Hollandse pannekoeke. Heerlik, smaaklik en 'n gesellige plekkie met 'n warm gasheer. Lus vir 'n lekker, vars gebakte brood vir ontbyt? Gaan kuier by die plaaslike bakkery en gee jou oor aan meer as een snytjie. Myl 16-strand is 'n moet - jy kan ongesteurd stap, jou gedagtes laat gaan en ten volle net ontspan. Al die druk van die moderne lewe kan net van jou afval en jou siel kan weer verlig."
"Klein plekkie, maar die natuurtonele en staproetes in die omgewing maak dit die moeite werd."
"Ons was erg teleurgesteld met die kwaliteit van die lewensredders wat daar diens gedoen het. Hulle was volgens ons nooit 100% gereed vir aksie nie, want hulle aandag word afgetrek deur vriende wat opdaag en dan vir ure aaneen gesels. Daar was ook 'n radio of iets soortgelyks wat klipharde musiek speel. Dan is hulle rug gekeer na die see, so hulle kan nie sien of hoor as daar moontlike probleme op die sand of in die seewater is nie."
"Hermanus die beste vakansiebestemming. Soveel om te doen. Heerlik, prettig, kunstig en die restaurante is ongelooflik. Dit is vir my een van my top 5 vakansies in die wêreld."
"Goed geleë. Rustig genoeg vir ontspanning, maar bied ook toegang tot alles wat 'n mens nodig het, soos winkels en ander ontspanningsaktiwiteite."
"Nie so gelukkig met eetplekke rondom die hotelle nie, want nie almal wil oorprys word nie en die toeriste kan wiskunde doen. Byvoorbeeld: dieselfde kettingrestaurant in die Kaap is 75% goedkoper. "
"Hartenbos het ons harte gesteel vir toekomstige vakansies. Baie om te doen en het veral die Afrikaanse konserte oor Desember geniet."
"'n Groter verskeidenheid restaurante op die seefront sal lekker wees. Daar was nie regtig 'n goeie, billike restaurant waar 'n mens net lekker kan kuier nie."
"Very quiet city/village which is perfect for someone who likes nature and hiking. We travelled with a 20 months old boy and we realised there are not many activities for kids im Ceres and surrounding. The swimming pool is amazing but there is no information about it anywhere. We only got to know it from a friend who lives close to Ceres. All in all Ceres is a nice destination which has a lot of potential to become a bigger tourist destination. "
"Dit is 'n baie rustige area. Niemand pla jou nie. Die see is ook 'n bonus. Ek sal dit 100% aanbeveel."