Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 38343 reviews.
"Prins Albert het ons hart gesteel. Dit is ons 2de besoek aan hierdie pragtige dorpie aan die hange van die Swartberge! As jy jou siel wil voed, soek na stilte en waardering het vir die grootheid en andersheid van die Klein-Karoo en jy die Swartberge en Meiringspoort wil aandurf, dis 'n stukkie hemel om die Swartberge! Prins Albert word so mooi instand gehou! Dankie daarvoor! My gees is ook sommer meer sensitief vir my Skepper! Heerlike eetplekkies en winkeltjies met antieke versamelstukke en produkte van die plaaslike omgewing."
"Too few shops, shops close at 5, no fast food stores other than KFC. Expected more seafood restaurants since it is a coastal town. No beach to swim, was very hot, should be more swimming pools or swimming beaches."
"Wildernis is 'n onbeskryflike mooi dorp met van die skoonste strande wat ek al ooit gesien het. Ons is mal oor Wildernis en sal weer gaan."
"A wonderful destination, absolutely stunning nature and an abundance of things to see, do and experience. Can't wait to be back in future."
"Een van die lekkerste plekke om vakansie te hou. Die weer kan enige uiterstes aanneem, dus wees altyd voorbereid met jou klere. Daar is so baie goed wat jy kan doen dat mens soms heeltemal te min tyd het om by alles uit te kom."
"Gansbaai is nie so besig soos die Hermanus omgewing nie en het 'n meer plattelandse gevoel."
"Lekker plek om te kuier, net baie warm en kan doen met 'n see."
"The 16 mile (25 km) beach is great for long walks or just for a dip in the water. Suitable for surfing or body boarding. We didn't try the local restaurants. A little mall is at the entrance of the housing area which includes a big Spar and a barber. The ABSA ATM is across the street. Even closer to our accommodation was a petrol station and a range of shops including a pharmacy. There is a harbour in Yzerfontein. The drive there is quite nice. Langebaan is 43 mins drive from Yzerfontein. We drove there to visit the Shark Bay hotel, watch the kite surfers on the lagoon and to have lunch at the Roxy Beach restaurant. There are a few small restaurants along the main beach."
"Baie besige deur-roete tussen JHB en Kaapstad. Goed geleë vir oornagrus tussen die twee stede. Meer as genoeg gastehuise en eetplekke in die dorp."
"Die restaurant Giovanni's was lekker. Die pizza was seker die beste wat ek al ooit geëet het."
"Ons besoek Mosselbaai nou al vir die afgelope 4 jaar en dit is vir ons 'n baie mooi plek. Die mense is gaaf, die atmosfeer is kalm en die plek self is baie mooi. So ja, aftrede daar sal ek beslis oorweeg."