Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Baie klein dorpie en daar gaan nie baie aan nie. So as jy net wil breek van besigheid in die stad dan is dit n perfekte wegbreek plek. Dis so rustig."
"Ek het grootgeword in Franskraal deur skoolvakansies en nog steeds in later jare gereeld soontoe gegaan. Pragtig en die hele omgewing daarom."
"Soveel om te sien en besigtig dan praat ek nie eers van die ongelooflike lekker restaurante nie! Enrico's restaurant is 'n moet besoek, van pizza tot vis is uit die boonste rakke!"
"Lekker sentraal geleë. Nie vêr van Bloubergstrand af nie. Het nogal die MyCity-busse van die omgewing geniet, veral omdat die roetes gerieflik stad en Waterfront toe ry."
"Ons eerste keer op Lamberts en dit is 'n plek waarheen ons weer en weer sal teruggaan. Die plek het 'n regte rustige vakansie-gevoel gehad, self buite seisoen. Die mense is een van die grootste bates van die plek."
"Ons het baie lekker geëet by die Sea Grill en het van die ander inwoners in ons huis gehoor dat "Zuidste Kaap Restaurant" ook baie goed was. Daar is ook pragtige galerye met plaaslike kunstenaars se kuns."
"Een van die lekkerste gesinsvakansie bestemmings in Suid-Afrika. Laat my altyd aan my jonger dae dink en daar is iets vir almal."
"The CBD has a lot to offer from day time activities to night life. A truly cosmopolitan city. It is the most beautiful city in SA. "
"Die Spar voorsien jou van als en die mense is vriendelike en diens flink."
"Daar is soveel karakter en mooi plekkies, die mense is vriendelik en behulpsaam."
"Kuilsrivier is 'n aangename gedeelte van die Kaap - 'n perfekte bestemming vanwaar jy die Kaap kan verken. Die winkelsentrums in die nabyheid bied alles wat jy nodig het, wat dit baie gerieflik maak. "