Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
Breede River Valley, Western Cape
Rivierzicht River Resort"Dit is nou al 'n instelling om elke jaar waterblomme by Affieplaas te koop. Die omgewing is skoon en vredig."
"Baie sentraal geleë vir besoeke aan verskeie pragtige plekkies langs die Weskus. "
"Die positiewe gees ten spyte van jarelange droogte met min blomme val op met die gehekelde blomme en dan nogal 'n hele boom! Fantasties! "
"A morning market, tea/coffee next door, a lovely garden environment with plants for sale. Ramskop Nature Reserve was extremely interesting. The restaurant we went to was fabulous!"
"Vredenburg is 'n baie oulike dorp wat as sentrale vertrekpunt gebruik kan word om al die dorpe in die omgewing te besoek. Ons het Saldanhabaai, Langebaan, Mykonos, Jacobsbaai en St Helenabaai besoek. Die blomme teen die kus was mooi. Interressante eetplekkies soos die Strandloper moet verseker besoek word. "
"Klawer bied 'n sentrale plek waarvandaan 'n mens Papendorp, Strandfontein en Doringbaai kan besigtig. Vredendal en Lutzville is baie naby waar inkopies gedoen kan word en restaurante en wynkelders besoek kan word."
"Mal oor die "village"-gevoel van Jacobsbaai! Mens hoop dit kan vir altyd so bly. Die area is prentjiemooi."
"Pragtige en goed versorgde dorp, hier is baie te doen vir die buitelewe-entoesias en ook heerlike restaurante."
"Iets wat my opgeval het is die borde wat lees " ry asb versigtig ons is lief vir ons kinders". Ek was ook verbaas om te sien dat motors soms nie stop by stop strate nie. Dalk omdat dit 'n stil tyd is? Die inwoners op Stilbaai is baie vriendelik en groet spontaan."
"Dt is 'n baie mooi plek en sy mense is baie vriendlik. Sal enigetyd weer terug wil kom en ook ander huise besoek. "
"Dit is 'n heerlike stranddorpie - naby genoeg aan groter sentra vir bykomende vermaak. Getrou aan sy aard kan die Suidooster sy stempel met mening by tye kom afdruk, maar daarvoor vergoed die pragtige uitsig oor Valsbaai en die Hottentos-Hollandberge! Die boekwinkel is o.m. een van die grootste pluspunte! 'n MOET vir elke leser."
"Daar is oral paadjies langs die see om lang ente te stap. Dis pragtig! Daar is ook baie uitstekende restaurante, iets vir almal se smaak. Walvistyd het sy eie bekoring, dis ongelooflik om daardie groot diere te sien speel in die water en nie iets wat mens kan oorvertel of beskryf nie, net beleef."
"Prins Albert is pragtig, skoon, versorg en het vriendelike mense. Die winkeltjies is baie oulik."
"Beaufort-Wes is 'n baie gerieflike halfweg-huis wanneer jy ver sou reis en wat aanbeveel kan word."
"Dit was werklik baie aangenaam om daar tuis te gaan. Pragtige omgewing en rustig. Ook baie veilig gevoel daar."
"Die hoofstrate is 'n bietjie vuil en die geboue word nie opgepas soos 'n mens sal verwag van 'n dorp waardeur soveel mense beweeg nie."