Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Beslis die moeite werd om Gordonsbaai die week voor Paasnaweek te besoek. Dit is stil en rustig en daar is nie 'n vertrapping van vakansiegangers nie."
"Pragtige wynplase in die omgewing! Eseltjiesrus Donkey Sanctuary 'n insiggewende besoek! Lekker restaurantjies."
"Wildernis is 'n klein, stil, pragtige plekkie, weg van al die stadslawaai. Daar is interessante winkeltjies en eetplekke te kies en te keur. Als wat jy nodig het vir 'n rustige vakansie!"
"Baie rustig met mooi uitsigte en wandelpaaie, flaminke en talle ander voëlspesies en die geruis van die branders en die stilte in die nag."
"'n Perfekte plekkie om te verken en by te rus. Veilig, skoon en prentjiemooi. Hier is oorgenoeg restaurante om van te kies en te keur, pragtige strate om in te wandel, winkeltjies om te verken en 'n bekroonde museum om te besoek. Doen jouself 'n guns en gaan op een van die Story Weaver se toere op jou eerste aand hier. So sal jy die mense, geskiedenis en gemeenskap op vermaaklike wyse leer ken en die res van jou verblyf terdeë geniet. "
"Die dorpie is nog nie ten volle ontwikkel as toeristebestemming nie. As jy van stilte hou, is dit die plek vir jou."
Voor-Paardeberg Wine Ward, Western Cape
Under Oaks - The Vineyard Suites"'n Area wat my beslis weer sal sien."
"Heerlike vakansie-area. Baie om te doen en te sien. Ons gaan beslis terug om nog te sien. Ons tydjie was net te kort. Baie rustige en mooi omgewing."
"Beste vis en chips by Fish on the Rocks, Bay Harbour Market is 'n moet om te besoek, baie interessante stalletjie, kos, roomys en self biltong en droëwors te koop."