Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"As ons kar buite moes staan, sou ek dit nooit aanbeveel nie, maar gelukkig was daar veilige parkeerplek."
"Bloubergstrand is 'n móét vir die mooiste foto's van Tafelbaai en Tafelberg! Ons huisie is een van ons gereelde stoppe en kos is heerlik! Was al soveel keer daar, maar nooit geweet van die 1926 NG-Kerkie in Bataviastraat net om die hoek nie. Dankie Liz vir die verwysing. Kan Damhuis op Melkbosstrand ook sterk aanbeveel."
"Ek ry hom al van die vroeë sestigerjare af toe dit nog grondpad was en dit bly nog net so mooi!"
"Wonderlike plek, net die aandenkingwinkels is peperduur. Hulle is net vir die oorsese mark en ons kon nie vir almal iets saambring om te geniet nie! Ek self is in die aandenking bedryf en maak self goed en die pryse was buitensporig duur!"
"Barrydale sal 'n baie goeie oornag plek wees, want daar is nie misdaad nie. Verder is dit 'n rustige dorp vir dié wat na rustigheid soek. Vermaakplekke maak bietjie te vroeg toe, seker te verstane om die rustige atmosfeer te behou."
"Ons het nou juis in Bellville kom bly omrede dit sentraal is met meeste besighede wat mens sal benodig. Bellville is 'n baie goeie area vir toeriste."
"Was my eerste keer om daar te bly en het dit geniet. Familie bly in en om Gordonsbaai en Strand wat dit sentraal gemaak het."
"Alhoewel Robertson 'n klein, plattelandse dorpie is, is dit in 'n lieflike omgewing en vir ons stadsjapies 'n welkome ontvlugting van die stad se gewoel. "
"Baie naby aan al die plekke wat ons graag wou sien, nie so duur soos omliggende dorpe se verblyf nie."
"Yzerfontein is pragtig geleë met die mooiste strande en see. Die wilde diere soos volstruise, klein bokkies en skilpaaie loop rustig in die woonbuurt rond. Die plek is netjies en het beslis 'n indruk op ons gemaak."
"Clanwilliam is 'n pragtige plek met interessante besienswaardighede - die dam was pragtig om te sien met redelike hoeveelheid water in en die blomme natuurlik 'n bonus."
"Prettig om op 'n bankie te sit en al die aktiwiteite en honde op die gras by die promenade te aanskou."
"Dit is vir my 'n lekker sentrale plek vanwaar mens 'n groot omgewing maklik kan besigtig. "