Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Mense vriendelik en baie lekker koffiewinkels en eetplekke. Interessante besienswaardighede."
"Altyd lekker om daar te kom. Baie mooi omgewing met baie interessante plekke in en om die dorp."
"Ja, besoek Klipdrift! Hulle was uiters professioneel en het ons baie vriendelik ontvang. Ons het baie welkom gevoel. Ek kan beslis hulle hamburger aanbeveel!"
"Quiet but beautiful little town with beautiful beaches and access to hiking routes."
"Die enigste negatiewe kommentaar wat ek oor Agulhas het, is dat die Friendly Grocer verskriklik duur is."
"Siestog, van die strate lyk soos ploeglande sonder 'n stukkie teer! Ons indruk is dat die dorp swaar kry."
"My seun van amper 20 jaar oud sê die surf is "awesome". Bettysbaai is lekker naby aan Kleinmond en Hermanus vir die mense wat bietjie aksie soek. Die perdry was vir my dogter (14 jaar oud) baie lekker (Kleinmond). Ek sou sê Bettysbaai is vir mense wat bietjie rustigheid soek. Die omgewing is regtig baie mooi. "
"Altyd 'n lekker plek om te gaan vakansie hou, maar bietjie ver van Kaapstad vir 'n naweek-wegbreek."
"Dis 'n pragtige voorstad met al die fynbos en baie water daar. Die reservaat is pragtig met al die fynbos en varkore wat aan die blom is."
"Al die padwerke maak rondry 'n probleem, maar andersins is dit 'n mooi plek en die meer is pragtig."
"Stellenbosch is hemel op aarde. Dit het die mooiste berge en daar is soveel om te doen. Mens kan nie verveeld raak nie. Die plek stimuleer jou kreatiewe kant en sal graag eendag daar wil woon."
"Clanwilliam se verblyf was heerlik en, veral as jy blomme wil kyk, is dit beter om op 'n plaas te bly want daar sien jy teenaan die pad massa blomme. Daar is ook byvoorbeeld die Rooibostee fabriek en al die staproetes in die berge."