Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"It was both our first times visiting Swellendam and we both experienced the community to be friendly both young and old. Definitely a must visit for any tourist from South African and outside of South Africa."
"Jongensfontein is 'n asemrowende klein dorpie met fantastiese uitsigte oor die oseaan vanaf omtrent enige plek in die dorp. Baie netjiese en skoon dorpie met aangename mense."
"Ek sou aanbeveel dat die dorpsplein ontwikkel/verfraai word om die hart van die dorp positief te weerspieël."
"Die dorp is pragtig en het baie om aan te bied vir die vakansieganger. Daar is goeie restaurante en veral die toegang tot twee uitstekende gholfbane is 'n pluspunt."
"In vergelyking met wat die stad Kaapstad bied, is Brackenfell nou nie juis 'n toeriste mekka nie, maar die gerieflikheid van die nabygeleë groot winkelsentrums sonder die voortdurende bedrywigheid van die stad maak dit 'n gerieflike plek om te bly/kuier."
"Ons het die Brewery en Darling Sweets besoek en altwee was baie indrukwekkend. The Marmalade Cat het ook die lekkerste ontbyt, sal beslis weer vir Darling besoek."
"Hoofstraat is baie besig en lawaaierig. Daarom by Aandblom gebly. Sal graag die Karoo park wil besoek."
"Wat 'n pragtige plek. Tog jammer dat daar 'n misdaad probleem is in die wonderlike dorpie. Hoeveel derduisende toeriste kom NIE na ons pragtige land oor hierdie tipe probleme? Dit begin seker maar als by die ander Jacob, nie die een van Jacobsbaai nie."
"Vriendelik gehelp by ontvangs en van die begin af probeer om alles te doen om te help. Het ook die besoek aan die restaurant geniet. Vriendelike ontvangs, diens en kos."
"Is op my lys van plekke waar ek moontlik sal wil aftree - is MAL oor die dorp en die baie lekker eetplekke. Almal is vriendelik en dis of Mosselbaai 'n karakter van sy eie het - 'n ouwêreldse atmosfeer heers nog hier. "