Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Dit is 'n baie interessante dorp met 'n interessante geskiedenis en baie plekke om te besoek. Dit lê ook sentraal ten opsigte van baie ander plekke waar mens kan gaan "kuier"."
"Heerlike en vriendelike kusdorp. Wees wel bedag om nie waardevolle items in die motor te los of sigbaar in 'n wooneenheid."
"Dit is 'n oulike plek, maar sal volgende keer nader aan die see wil wees."
"It was however quite cool in the evening, but otherwise, enough shops available and more than one could think to see in and around Langebaan."
"Somerset-Wes is briljant. Wonderlike restaurante, naby die see en tussen die berge en wynplase."
"Dit is een van die beste plekke vir vakansie, baie sentraal en baie om te doen. Net jammer die see is koud, maar lekker. "
"Lekker vir 'n langnaweek. Dorpie lieflik vir stap, voel veilig. Weet daar is nog baie onontginde skatte in die omgewing waarvoor ons nie tyd gehad het nie."
"Pragtige deel van Langebaan. Mooi en veilige strand. Veilig om daar te stap, selfs in die aand."
"A noisy area with constant incoming and outgoing aeroplanes passing overhead."
"Vloei van verkeer by winkels is ietwat van probleem. Veral wanneer jy nie die winkels wil besoek nie, maar net verbyry na die brug se kant. "
"Plattekloof is 'n rustige area en het my aangenaam verras. Baie sentraal en 'n paar minute se ry na Kaapstad."
"Nie eintlik 'n swemstrand nie, maar heerlik as jy visvang, op die rotse wil klouter of lang ente wil stap."
"Lieflike omgewing met baie plekke om te besoek geleë in 'n radius van 30-50 km. Rêrig 'n lieflike bestemming."
"Baie sentraal en werklik 'n mooi, netjiese area. Volop winkels en eetplekke. Durbanville is werklik baie sentraal vir reisigers wat na alle kante in die Kaap wil kuier. Voor jy sien, is jy op 'n snelweg iewers heen."
"Ons het baie negatiewe gevoel gekry oor troeteldiere. Ons het 2 klein hondjies saam met ons gehad en oral was bordjies op dat honde nie toegelaat word nie. Ons bly in Kaapstad en hier ervaar ons nie dieselfde negatiwiteit teenoor troeteldiere nie."