Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Mooi omgewing, baie goeie padstal net anderkant Soeterus op pad na Ladismith. Die natuur is fantasties!"
"Baie sentraal geleë met baie moontlikhede om te doen. Pas net op vir die verkeer oor die groot feesdae - maak eerder van die trein gebruik."
"Somerset West is centrally located - near the airport, a stones throw from Cape Town, the winelands and other sights. It's quieter and safer than Cape Town."
"Daar is baie min om te doen, wat uitstekend is as jy 'n rustige wegbreek soek. Die wind kan baie onplesierig wees, so kies maar akkommodasie waar jy binne kan braai."
"Montagu is regtig 'n pragtige omgewing met die mooiste natuurskoon. Doen gerus die moeite en besoek die omgewing."
"Dit is 'n pragtige plek, net BAIE duur, lyk my dit is maar net nog 'n rykmans toeristebestemming."
"Geweldige rustige en veilige dorpie en is hoogs aan te beveel. Blyk dat die inwoners almal van netjiese omgewing hou en daarom is alle tuine en sypaadjies seker so goed versorg."
"Die dorp Prins Albert het ons baie beïndruk. Ek dink hier word ongelooflik baie gedoen vir die mense van die gemeenskap. Swartbergpas 'n moet vir die besoeker asook 'n besoek aan "Die Hel". Wow!"
"Die algemene toestand van meeste aspekte van die dorp is verwaarloos. Dis 'n heerlike, stil en rustige dorp vir iemand wat wil wegkom en vrede kry. Dit mag seker baie warm word, maar die huis waarin ons was het lugreëling vir wanneer dinge te erg raak. Tydens ons besoek was daar nooit krag of wateronderbrekings nie. Die Robertson wynplase en restaurante is net om die draai. Die naasliggende natuurreservaat en die omliggende paaie maak die area ideaal vir bergfietsritte en kort staptoere in die veld. "
"'n Geheim van die Weskus. Wat 'n stunning, pragtige, skoon en veilige dorp met die mooiste strand. Moenie vir te veel mense vertel nie!"
Van Riebeeckstrand, Western Cape
C'est La Vie Self Catering Apartment"Riebeeckstrand self is maar meestal 'n residensiële area, so dit is dalk minder geskik vir mense wat hou van baie winkeltjies en restaurante. Melkbosstrand is wel baie naby, en met die puik busdiens kan mens eintlik maklik enige plek heen gaan van daar af. Dit is meer bekostigbaar as ander dele van die Weskus, en die strande is baie skoon en stil. "
"Struisbaai, Cape Agullus, Waenhuiskrans is regtig besonders mooi en 'n moet-sien in Suid Afrika."
"Sal enige tyd weer in die Helderberg area bespreek. Dit is baie sentraal geleë naby aan goeie aktiwiteite en besienswaardighede en baie mooi strande."
"Picketberg is lovely area . we enjoyed the serenity of the area and the landscapes."