Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Pragtige, skoon dorp en vriendelike mense. Beslis 'n plek wat ons weer sal besoek."
"Die strand is nie juis mooi nie. Al aantrekkingskrag is die Weskus Nasionale Park. Daar bly nou al te veel mense. Daar is te veel huise. Natuur is verwoes."
"Best restaurants, wine tasting and scenery. Lovely market on a Saturday morning with music and arts and crafts. Was pleasant and enjoyable."
"Het net een aand spandeer, maar sal graag wil teruggaan en meer tyd spandeer. Het by nabygeleë Muisboskerm geëet en het dit baie geniet."
"Wat 'n verrassing was die dorpie se knus klein teater wat gereeld opvoerings aanbied. Mag Die Koelkamers vir altyd en altyd voortgaan met hierdie weelde."
"Dis uniek om te sien, maar oorslaap is definitief genoeg. Sal nie meer as 1 dag daar spandeer nie - te min om te doen vir my persoonlik."
"Ek het nog altyd Mosselbaai en omgewing geniet. Dis baie sentraal geleë en daar is heelwat om te doen en plekke om te besoek, ook lekker restaurante."
"Pragtige, klein dorpie en 'n goeie basis om die omliggende area te verken. Niks is te ver nie. Riebeek-Kasteel is ook pragtig en as jy niks verder wil ry nie, is daar genoeg om te doen. Die restaurante in die dorp bied ook meer as genoeg opsies."
"Klein dorpie met fantastiese mense wat nie gejaag word deur tyd nie."
"Die NG Kerk se blommemark was pragtig, en ons het heerlik ontbyt daar geëEt. By Letsatsi het ons aandete geëet - vyfster. Die Maskam Gasteplaas het die mooiste blomme gehad. 'n Mens het amper nie geweet waar om te kyk nie."
"Wonderlike klein, dorpie vir blommekyk (Ramskop-natuurreservaat, Biedouw-vallei). Ons het heerlike rooibostee geproe en geskenkies gekoop by House of Rooibos, en daar was goeie etes en baie snuisterye by die Veldskoendraai."
"Soos altyd lekker plek om te kuier. Bly om te sien paaie word verbreed, sal baie van die verkeer help vloei."