Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 38192 resensies.
"Dit is die skoonste dorp wat ons in 'n lang tyd gesien het. 'n Baie rustige dorp met geen swaar verkeer nie. Die mense in die besighede is vriendelik. Die Klipheuwel was 'n bonus. Wonderlike kos en gebak."
"Verskriklik lekker! Desember, restaurante is onbekostigbaar! Maak gebruik van Kwikspar, Spur en Skiboat club! "
"Baie om te sien en te doen. Netjiese dorp, sien heeltyd mense besig om paaie reg te maak en gras te sny. Puntsmanne en -vroue op diens by verkeersligte met load shedding. Mosselbaai is baie besig in Desember, maar het 'n lekker vibe vir oud en jonk."
"Mal oor die plekkie. Heerlik geëet by Die Visvlekhuis. Weskus het ons Harte gesteel."
"Ons bly in Langebaan en dit is altyd lekker om in Lambertsbaai te gaan kuier! Opregte, vriendelike mense, oral waar jy gaan! Ons was by die Malkopfees en dit was great gewees! 10/10! Sien julle gou weer!"
"Dis 'n oulike dorpie met vriendelike mense. Dis beslis die moeite werd vir 'n oornagstop en as jy op soek is na rustigheid."
"Baie interessante plekkie. Die lekkerste skaaptjoppies gekry. Gaan weer daar skaap koop op pad terug Polokwane toe."