Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"De Doorns is 'n kleindorpie met sy eie karakter. Mense is baie vriendelik en groet sommer so van die straat af."
"Absoluut 'n pragtige dorp met baie om te doen en te ontdek - absoluut van die beste restaurante waarby ek nog geëet het."
"Kaapstad is 'n vyfster vakansiebestemming. Die verkeer is soms 'n kopseer, maar lekker mense en sonskynweer maak op daarvoor."
"Worcester is a pretty little town in the Western Cape. Close to some stunning wine farms. The Bosjes Chapel is a breathtakingly beautiful sight to see. Worcester is a great one or two-day stop-over destination."
"Doen vooraf beplanning as jy wynplase wil besoek, daar is baie om van te kies en van die bestes is bietjie weggesteek."
"Springerbaai is afgesonder van die "mal"-besige vakansieplekke in die omgewing. Dis eksklusief, rustig en privaat. Jy kan lekker gaan fietsry, draf of stap. Daar is bontebokke, sebras, springbokke en ander kleinwild te sien - ook baie skilpaadjies. Baie privaat strand - jy is meestal alleen daar - soms is daar dalk een ander groep mense. As jy lus is om bietjie tussen baie mense te gaan swem kan jy Vleesbaai toe ry (of stap as jy baie energie het), of na Mosselbaai of Klein Brak se strand toe vir die dag. Dis doodstil en jy rus lekker. Dis 'n eko-estate so alle huise het slegs sonkrag so jy weet nie eers van beurtkrag nie, maar jy moet spaarsamig werk met die elektrisiteit."
"Baie om te doen soos almal weet. Kaapstad is skoon en alles werk. Dis soos om in 'n ander land te kuier as jy dit met Gauteng vergelyk."
"Sal nooit weer enige ander plek vakansie hou nie, Kaap is 'n lekker plek."
"Kaapstad is een van Suid-Afrika se "prima"-destinasies vir reisigers. Die area se natuurlewe, geskiedenis en toeriste-attraksies is fenominaal en "lekkers" vir die oog en siel. Die area bied nog soveel in 'n 400 km radius, of dit nou Noord, Wes, Suid of Oos is. Die opsies is eindeloos!"
"Goeie plek as jy nie omgee vir wind wat meestal waai nie. Lekker vakansie-atmosfeer oor Desember/Januarie. Paar goeie restaurante."