Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Ongelooflike plek - kan besig wees rondom die kampeerders, maar as mens so effe boontoe bly is dit fantasties. Let wel, is 'n rowwe see en gewoonlik baie koue water, maar lang strande vir stap. Baie goeie wynkelders in die omgewing, asook gholf vir die wat wil. Kersmark en tent "skep 'n bord vir R50" was 'n hoogtepunt."
"Pragtige, skoon dorpie en nie so besig soos Hermanus nie. Die wasserye was oop en daar is oorgenoeg winkels om lekker eetgoedtjies te koop. Bloubakkie en Fishing Cat bly van ons gunstelingwinkeltjies om te besoek en presentjies te koop vir die Gautengers!"
"Lambertsbaai het baie agteruit gegaan. Daar was orals glasstukke op die strand. Dis 'n jammerte dat so 'n mooi plek en strand nie na gekyk word nie. Daar was ook 'n robkarkas op die strand wat enkele meters van die lewensredders af was, wat nie verwyder was nie."
"Baie lekker. Wind kan soms baie waai. Maar die warm dae benut mens ten volle. Koue see, maar kan swem."
"Restaurant wasn't halal. Not many food places around the hotel. 15min drive to the mall for halal food. December the beach gets full with locals. Lifeguards on the beach including police presence. Views were amazing but water is cold (refreshing though). Popped in at Saldanha Bay hotel. If I booked in Saldanha again it will definitely be there. Modern and lively with a swimming pool and food was halal."
"Die lodge is baie goed geleë en daar is 'n paar lekker plekkies in die straat. Bietjie onveilig gevoel op die dag met bedelaars op straat wat so bietjie gepla het."
"Beste plek vir 'n romantiese tyd saam jou partner of om net lekker wyn te drink en te rus."
"Mal oor Stilbaai - hou van die baie Afrikaans. Sal beslis weer Stilbaai besoek."
"Kleinmond is beslis 'n dorpie om te besoek. Die Blouvlagstatus-strand met netjiese toiletgeriewe is beslis die besoek werd. Die pragtige wandelpad langs die see en staproetes op die berg is altyd vir ons 'n hoogtepunt. Die dorpie gaan vooruit en elke jaar kan ons die verbeterings waardeer!"
"In addition to being happy with the accommodation, we also found the most amazing restaurant to have dinner at; Dave's Kitchen serves Michelin star-worthy food! Highly recommend the seared tuna with wasabi mash and the pork belly. The presentation is artistic with their signature fried rice noodle crisp on top, and the quality and flavours match."
"Baie besig in vakansietyd, maar ek glo dat George goed bestuur word aangesien mens kan sien waar die munisipale tariewe en belastings aangewend word. Sigbare verkeersmense, noodpersoneel ens. laat mens gerus voel in en om George."
"Pragtige skoon area met verskillende restaurante en klein eetplekkies. Swem, snorkel, bootry en visvang."