Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Die kilometers en kilometers vuil en onnet plakkersbuurte weerskante van die N2 doen afbreek aan Kaapstad as 'n toeristebestemming. Dit raak soos Rio de Janeiro en Mexico-stad."
"Daar is net bietjie minder aktiwiteite as voorheen. Baie anders as Mosselbaai van 3 of 4 jaar terug."
"Baie potensiaal mits jy deur iemand begelei word wat die dorp se geskiedenis ken. Die dorp steek sleg af teen ander Karoodorpe."
"It was a pity that the artists did not have an open house and were only available by appointment. Perhaps they could have a collective gallery to display their work and make it more accessible to the public."
"Mooi dorpie, sou graag meer wou doen, bv. 'n staproete. Die weer het nie so lekker saamgespeel nie."
"Pragtige dorpie vir mense wat 'n rustige wegbreek soek. Die eet- en kuierplekke is baie aangenaam en warm ontvangs is eie aan weskus. Sal weer gaan."
"Ons woon ook by die see in Gonubie, so Oos, Wes, tuis bes. Maar dit was nietemin lekker, baie baie dankie."
"Ons het in George oornag aangesien dit, weens sy ligging, maklik was om daguitstappies te doen."
"Glad nie so "wow" soos mense dit uitmaak om te wees nie. Oral is bedelaars en plakkerskampe. Die verkeer is ongelooflik sleg en mense bestuur regtig soos idiote."
"Mal oor Agulhas en Struisbaai. Dit is vreeslik mooi en rustig. Albei plekke kort dringend hospitale en meer winkelgeriewe. Daar is baie ou mense wat daar bly en ons het kom kyk om 'n plekkie te koop, maar moes ongelukkig besluit om nie daar te koop nie. My ouers is albei in hulle sewentigs en moet naby 'n hospitaal wees. Die hospitale in Bredasdorp en Hermanus is veels te ver om te ry as daar 'n noodgeval is."
"Not a very friendly place, and very few people knew of Maskam, so rather difficult to find in the dark."
"Nee wat, nie my plek nie. Dit is net vir mense wat daar wil bly. Is wel 'n mooi dorp met 'n pragtige uitsig, maar ek sal nie weer daarheen gaan nie."
"Yzerfontein is developing fast, building going on all over the place. I was advised to avoid the area during peak periods. The beaches are beautiful and wild."
"Beautiful coastline, just not great when we visited as it poured with rain nonstop - May."