Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Vroegoggend spitsverkeer is 'n pyn in die hakskeen, maar eie aan enige groeiende en ontluikende dorp. Verder skoon en netjiese strate, en 'n goeie voorkoms oor die algemeen."
"Pragtige dorp vol historiese rykdom, klipgooi van die Paarl, baie wynplase, pragtige berge reg rondom."
"Dis baie op buitelanders gemik. Die V&A is baie duur. Ons Suid-Afrikaners sukkel om by die toeriste kers vas te hou. Dit was nogsteeds 'n wonderlike wegbreek."
"Verskillende opsies vir besigtiging. Kasteel en Tafelberg steeds lekkerste."
"Beautiful place and so we will be back. Very good and can be recommended for sure."
"Omdat ons buiteseisoen daar was, was die keuse van restaurante redelik beperk gedurende die week. Ons het wel 'n paar juweeltjies ontdek. As jy vars vis wil koop, gaan liewer na Laaiplek toe, baie beter keuses."
"Ons was op 'n Maandag daar, en meeste restaurante was toe, sommige ook op Dinsdae toe. Die 1 oop restaurant was vol bespreek, en kon ons nie help nie."
"Vir seker die plek as jy net rustig wil wees en wegbreek van die gewoel."
"Omdat ek gehoor het Sedgefield is die dorp van die skilpad het my brein automaties dinge rustiger gevat. Ek het rede gehad om vir die kelners orals waar ek gekom het te se hulle moet my meer tyd gee om te dink want ek mag stadig wees. Ek was baie verbaas oor die aantal honde wat ek gesien het of in die see baljaar of in die vlei in plons. Mense is vriendelik en daar is baie eetplekke om elke hoek en draai."
"Cape Town is one of the best holiday destinations. The strand sea water is the best."
"Wow. Dit het al ons verwagtinge oortref. Die gasvryheid van die mense het my positief geroer. Dankie."