Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Ek kom oorspronklik van Graafwater, 'n dorpie so n paar kilometers weg van Elandsbaai en ek moet sê, die naweek het my laat besef Elandsbaai is eintlik 'n juweel van die see! Vriendelike mensies en ons is definitief huistoe met klere vanaf die surf shop in ons tas. Regtig die moeite werd vir 'n vakansietydjie!"
"Pragtige plek met baie om te doen. Paaie in uitstekende kondisie en dorp is skoon en netjies."
"Die Kaap is mooi skoon en netjies. Ons was regtig beïndruk met die mooi skoon plekke. Ons self is van Noord-Wes en my dogter hulle van Gauteng. Julle het 'n pragtige plek. Ons het wynroetes geniet en was regtig beïndruk met diens. Restaurante was ook baie goed. "
"Pragtige dorpie weg van die geskarrel maar tog naby genoeg aan ander groter plekke soos Hermanus, Somerset Wes en Kleinmond."
"We used the town as a stopover point, and enjoyed being able to stay in the Karoo-veld."
"It was not overpopulated and many options close by for outdoor activities that included pet friendly places."
"Hermanus was ongelooflik! Ons sal beslis weer kom! Die dorp is skoon, strate is in goeie toestand. So baie dinge om te sien en te doen. Dit was ons eerste besoek aan Hermanus, maar beslis nie die laaste nie!"
"Yzerfontein voed jou siel met die pragtige lang, wit strand. Dit is veilig om te gaan stap. Die winkels is uitstekend, kan wegbreek van die buite wêreld en net ontspan."
"Ons het al die dorpe in die omgewing sovêr as Lambertsbaai besoek en het dit terdieë geniet."