Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Die mense van McGregor is oor die algemeen baie vriendelik en hulpvaardig. McGregor het vier voetslaanpaaie deur die dorp wat verby verskeie ou geboue gaan. As 'n mens die argitektuur wil sien van die 1800's dan sal McGregor nie teleurstel nie. Die Temenosoord is 'n moet-besoek. Vra gerus die bestuur om deur die tuin te gaan stap vir 'n besondere ervaring. McGregor bied heelwat eetplekkies aan waar geëet kan word, elk 'n unieke ervaring. Eseltjiesrus, die oord vir donkies en esels wat nie meer produktief kan werk nie is 'n besondere ervaring om te besoek. Die pottebakkery het verskeie potte te koop wat 'n juweel sal wees in enige huis. Daar is buite McGregor 'n wynproe-geleentheid of twee. Vir 'n naweek is daar beslis meer as genoeg om te doen, maar McGregor se lekker is juis in die lekker van niks doen en ontspan."
"We enjoyed the Sedgefield Market and bought lovely fynbos and proteas at very reasonable prices."
"Met sy eie identiteit, was die natuur, berge en plantegroei (veral die kokosbome), dit wat ons geraak het op hierdie klein dorpie. Op sy eie manier dra elkeen by, Letsatsi Lodge, Die Skoorsteentjie Cater & Craft, Knechtsvlakte Nursery, Namaqua Lodge ens. by tot die unieke karakter van Vanrhynsdorp."
"Dis nog altyd ons gunstelingbestemming gewees omdat daar altyd 'n versteekte skat iewers is om te ontdek en die V&A Waterfront een van ons gunstelingplekke is om na toe te gaan vir 'n ete of aand van ontspanning!"
"Hermanus het oor die jare baie ontwikkel en bietjie vol en besig geraak, maar daar is steeds baie natuurskoon. So ietsie vir elkeen."
"Daar is baie besienswaardige naby McLaren Huis. Die heuning tannie was erg bedagsaam. Die Jolly Rooster se gin was fantasties en die restaurant net langs die McLaren House se kos was 5 ster."
"Bontebokpark is pragtig. Het egter net 4 bokke gesien. Paaie is ook op plekke glad nie goed nie. Drostdy Museum met al sy geboue was indrukwekkend. Uitstallings van hoë gehalte."
"I did not realize that the two beaches that we had on our doorstep from where we were staying were so beautiful!"
"Baie restaurante te kies en te keur. Netjiese, skoon strate. Met speelplek vir 'n woelige 5-jarige by die punt."
"Die plaaslike winkeltjie in Britanniabaai is goed toegerus indien jy iets vergeet het, want hulle is maar redelik ver van al die groot winkels af."
"Ek sal beslis weer na Ceres toe kom. Dit is 'n baie oulike dorpie en het my hart beslis gesteel."
"Mooi mooi mooi! Die Harold Porter tuine is ’n belewenis, die pikkewyne is ’n treat en die strand is so mooi skoon en pragtig."
"Die strande in die dorp is nie toeganklik vir troeteldiere nie. Ek dink hulle moet in ag neem dat daar ander dorpe op die Tuinroete is met totale oop strande vir diere."
"Gordonsbaai is ’n plek wat ons aan enigiemand sal aanbeveel om by vakansie te hou, of selfs om daar af te tree. Dit is ’n pragtige en stil plekkie. Dis die moeite werd."
"Freyers Cove in Doringbaai en Kommietjie in Strandfontein het albei mooi uitsigte en die lekkerste kos teen goeie pryse."
"Baie mooi area, maar smouse is ’n groot probleem. Ook baie vuil strate met rommel wat op die strand en voor restaurante lê. Ek vermoed dat diefstal 'n probleem kan wees en sal nie alleen langs die strand gaan stap nie."