Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Diverse bestemmings. Kan by die see ontspan, wildkyk, stilte ervaar in die berge. Watookal jou behoeftes, die Wes-Kaap beskik oor die perfekte bestemming."
"Die enigste groot attraksie is die Sentraal Karoo Park wat beslis 'n dagbesoek of meer werd is."
Great Brak River, Western Cape
Agape Seaside Apartment"Pragtige en rustige omgewing. Sal beslis weer gaan."
"Baie netjiese en skoon omgewing. Alle geriewe is binne 5 minute se ry beskikbaar. Lekker, ontspanne, vriendelike atmosfeer."
"Met Agulhas se lighuis wat in die aand vir jou wink en die rustigheid wat Struisbaai bied, is daar nie genoeg woorde om te beskryf oor die besonderse dorpie se skoonheid nie. Alles tot jou beskikking vd beste vakansie wegbreek ooit in 'n veilige skoon gebied."
"Dis waar ek op skool was. Was baie lekker om Piketberg as toeris te ontdek. Sal graag weer die dorp besoek om na die museum te kyk en die historiese roete te stap."
"Net baie besig, ek sal nie daar wil bly vir die hele vakansie nie, maar dit was 'n baie mooi en aangename ondervinding."
"'n Plek van rustigheid, besondere besigtighede, restaurante en pragtige strande. Die dorp het baie karakter as vissersdorpie, inwoners baie vriendelik, het baie veilig hier gevoel. Een van beste plekke wat ons in 'n lang tyd besoek het."
"Wonderlike plek met baie historiese geskiedenis, ons het altyd net verby gery, maar sal enigeen aanraai om in te draai en Swellendam te besoek. Wonderlike gastehuise, eetplekke en baie ander plekkies om te besoek."
"Kan Lord Winery aanbeveel vir wynproe en vir heerlikke kos. Lekker gekuier by At the Courtyard."
"Yzerfontein has such a great holiday feel. Good restaurants and the most beautiful views."
"Velddrif is fantasties ek sal beslis weer ‘n besoek aflê. Bokkomlaan is ‘n moet met ‘n paar restaurante, bokkoms en die Crackling Rosie-boot wat vir 2 ure op die Bergrivier vaar was ‘n hoogtepunt. Die honderde pienk flaminke was pragtig om te sien."
"Die mense is vriendelik en die omgewing is baie veilig. Beslis 'n plek waarheen ek my kinders (tieners) sal bring. Die omliggende dorpe bied baie besienswaardighede en aktiwiteite om te doen."
"Friendly people, really safe and a treasure which is untouched, it's lovely and quaint."
"There's still so much to do. Longest zip line 1.1km (great experience). Great gentle hiking trails like the Cape St. Blaize, Point of Human Origins. Incredible restaurants; Delfinos (relaxed), The Jackal and Cafe Gannet."