Verified Reviews
Wild Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Wild Coast
Rated 4.4 out of 5 based on 1886 reviews.
"Wonderlike plek as mens wil gaan rus. Baie rustig, het een dag uitgery na Kenton-on-Sea. Baie mooi omgewing. Het op 'n Sundowner Cruise gegaan."
"Bathurst is 'n pragtige dorp met baie kunstenaars. Die pynappels is baie baie lekker. Ons het regtig baie van die dorp gehou, veral die groot ou bome en voëls."
"Kleinemonde is 'n heerlike en veilige vakansie plek met die nodige winkels en fasiliteite naby genoeg sonder om dit die fokus punt van 'n rustige vakansie te maak."
"Natuurskoon was baie mooi, oor nuwejaarsdag het die locals oor geneem, met harde musiek en bottels en papier was orals."
"Gonubie is baie mooi dorp met heerlike swem strand en baie plek om langs die see te gaan stap."
"Net jammer die paaie is nie wat wonders nie, maar op die ou end was dit die moeite werd."
"Die stad self is nie meer netjies nie, alhoewel mens alles kan koop wat jy moet. Daar is ook 'n goeie klein apteek."
"Die mooiste natuur, maar ontwikkeling het agtergebly. Strande is nie netjies nie, jy wil nie daar swem nie."
"Dit was lekker in Gonubie en naby genoeg aan alles. Ons het Oos-Londen toe gegaan om te geocache en het elke oomblik daarvan geniet."
"Ons is Oos-Londen toe om te gaan geocache en dié het aan al ons vereistes voldoen. Ons het lekker geëet en gefliek terwyl dit gereën het."
"We only stayed one night, but it was beautiful along the river and the locals were friendly when we greeted them while they were fishing. Good restaurants."
"Te rustig en nie veel opsies om voorraad aan te vul nie, vat maar saam wat jy kan, koop net brood melk en bier daar. Maar jy gaan baie baie rus kry daar."
"Port St John's was 'n teleurstelling. Dit lyk asof dit dalk in die verlede 'n mooi dorpie was, maar dit is nou vervalle en vuil. Die natuur is egter nog steeds asemrowend."
"Stadsraad behoort meer aandag aan die paaie te gee en ek vermoed hul rioolstelsel is onder druk. Daar was oral tekens van riool wat oorloop. Die stadsraad behoort te besef dat dit die enigste groot dorp in die omgewing is en dat die potensiaal enorm is."
Gxarha (Morgan's Bay), Wild Coast
Yellowwood Forest Camping and Accommodation"Lovely, friendly town."