Verified Reviews
Wild Frontier
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Wild Frontier
Rated 4.6 out of 5 based on 3542 reviews.
"Wonderlike plek. Groot verskeidenheid van diere. Ongelukkig net verskriklik baie mense wat daar rondloop deur die dag wat duidelik nie daar woon nie. Ashoop ook 'n sleg oog."
"Gaan reeds baie jare soontoe. Beste plek om te ontspan in die natuur en tussen die diere."
"Baie pragtige oord. Sekuriteit van hoogstaande gehalte. Die diere in die kamp dra by tot 'n ongelooflike tydperk. Sal beslis weer by Marloth Park tuisgaan!"
"Ons probeer nie eers meer akkommodasie in die Kruger Wildtuin bespreek nie - Marloth Park is meer bekostigbaar, enkele minute van die Krokodilbrug hek af, en pragtig. Dit bied ons ook die keuse om ons vakansie op te breek deur dae in die wildtuin af te wissel met ander uitstappies en luilekker dae in Marloth Park (wat 'n put-put baan, groot klimraam, lekker restaurant en swembad het, asook die geleentheid om diere te sien enige tyd wat jy gaan stap of ry in die area). 'n Paar winkels bevat alles wat jy nodig het vir 'n paar dae weg van die huis."
"Baie mooi, vreeslik geniet met al die diere en die mense is ongelooflik vriendelik."
"Uitstekende ligging naby die Krokodilrivier met sagte 4x4-roetes langs die Krugerwildtuin."
"Die paaie is nogal in 'n toestand langs die rivier af. Hul kan gerus van die gate opvul en 'n paar takke sny. Verder alles in orde en lekker gebly."
"Dit is seker een van die mooiste plekke wat ons gesien het en die feit dat die diere so rondloop in die park was fantasties. Die atmosfeer is ongelooflik lekker en almal was so vriendelik en die winkeltjie se knoffelbrood was 'n absolute wenner. Ons gaan definitief weer kom. Dit was 'n onvergeetlike ervaring gewees en ons het dit so geniet."
"We loved our stay in Marloth Park. The people are friendly and the surroundings are lovely. Such an enjoyable experience. However, we were bitterly disappointed with our visit to the Lionspruit Nature Reserve. We saw more wildlife OUTSIDE of the reserve than we did in. Will not be going back to the Reserve."
"A unique and wonderful piece of South African beauty, cannot wait to go back."
"Dit is baie naby die grens. Genoeg winkels en eetplekke. Die gholfbaan is rustig, so gaan drink gerus 'n ietsie daar en kyk uit op die rivier ... mooiste uitsig."
"Ek dink dat ek en my vrou ons harte verloor het op Marloth Park, wat 'n puik stuk bosveld is dit nie."
"Love Marloth Park - so lovely to have animals strolling around so close to you. Peaceful place."