Verified Reviews
Wild Frontier
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Wild Frontier
Rated 4.6 out of 5 based on 3542 reviews.
"Marlothpark is ongelooflik. Dit is ons gunsteling vakansie plek in die binneland. Dit is asemrowend mooi en so deel van die natuur, en ons vind meeste behuising in Marlothpark waarde vir geld. Waar anders kan jy gaan slaap met die gebrul van leeus en die lag van hyenas in jou ore, en wakker word met die gesnork van seekoeie en die roep van die visarend? "
"Marloth is goed geleë vir iemand wat die Wildtuin wil besoek. Die voortdurende boubedrywighede is soms steurend, t.o.v. verkeer en geraas. Die wild wat hierbinne voorkom, is 'n bonus vir natuurliefhebbers. Die paaie kort dalk 'n skraap."
"Dit is baie gerieflik en het alles wat jy nodig kry tussen die 2 inkopiesentrums. Die nodigste soos melk en brood en selfs lekker vars vleis. Daar is restaurante, hardeware-winkel, laundromat, drankwinkel, waterpark, brandstofpompe, karwassery en self 'n salon. Daar is sekuriteitsmaatskappye wat ook 'n ogie oor veiligheid hou, en ook 'n noodhulppersoon vir mediese noodgevalle."
"We love Komatipoort, it is probably the the town with the friendliest people I know. There is a little something for everybody, and we found everything we needed, including the internet cafe."
"We love going there. Being in the bush and able to walk around or ride bikes, it's an awesome place. Lots of things to do! From kids to the older generation. "
"Die paaie is vreeslik sleg en ons het skade gekry op ons voertuig, sal dit 'n 4 ster gegee het as dit nie vir paaie was nie."
"Dit was my eerste keer in Marlothpark. Ons het dit baie geniet en beplan al reeds ons volgende trip."
"Het Marlothpark baie geniet. Koedoes, zebras, vlakvarke en nagapies het ons gereeld besoek en was veral 'n plesier vir die kleinkinders. Sal weer besoek."
"Onseker oor sekuriteit en voel dat Marlothpark soveel meer kan bied as die huidige stofstrate en huise wat onversorg lyk. Pad soontoe met die langnaweek was nag!"
"Het effens onveilig gevoel as vrouens alleen laat deur die dorp. Maar die gastehuis was veilig."
"Marloth Park is the best location for being close to Kruger Park but the location and Park provides for everything and with the animals roaming around on your walks is always a great experience. I would recommend everyone to visit Marloth Park."
"Paradys op sy eie - ons as besoekers moet help om die park skoon te hou en hou by die spoedgrens."
"Interessante plek om in te bly, met al die diere wat daar kom wei."
"Baie besig met tye. Paaie in swak toestand veral met lae voertuig. Die bos-atmosfeer en diere wat vry beweeg maak dit lekker."
"Marloth Park is 'n mengelmoes van top-, middelslag- en basiese-verblyf. Die beskrywing en pryse behoort voldoende te wees om te bepaal wat jy kry. Daar is twee sentrums in Marloth en dit was nog nooit nodig om na die dorp te ry omdat ons iets nie daar kon vind nie. Marloth is aangenaam vir informele kuier en is gerieflik naby die Krugerwildtuin. Daar is wild in die Marloth-area, maar niks wat gevaar inhou vir besoekers of persone te voet nie. Marloth Park doen baie moeite om die area veilig te hou vir alle inwoners. "