Verified Reviews
Wild Frontier
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Wild Frontier
Rated 4.6 out of 5 based on 3542 reviews.
"Hemel op aarde. Wens net die mense wil nie so vinnig ry in Seekoeistraat. Kinders het ook die supertubes baie geniet by the Bush center."
"Marloth is vir my baie aangename plek om te besoek, het nog nie probleem ervaar nie. Sien uit na volgende kuier."
"Ideale plek om oor te slaap as die Krugerwildtuin te bedrywig is vir jou smaak, maar jy tog in die wildtuin wil besoek aflê."
"Ek sal weer Marlothpark toe gaan, maar ek weet nou waar om van die beste verbly te kry teen billike pryse."
"Marloth Park is a lovely place to visit I just feel people should be held responsible for renting out such disgusting places"
"Het al menigmaal Marlothpark besoek en het al verskeie huise gehuur en dit is vir ons heerlik om Marlothpark toe te gaan en die handewerk van ons skepper naamlik die natuur en die diere, asook die rustigheid in te drink en net weer tot verhaal te kom na die gejaag in die stad."
"Marlothpark bly een lekker rustige plek as jy wil ontspan en die natuur wil geniet en ook baie diere om te sien en die oulikste vlakvarke ooit."
"Baie mooi. Grond paaie kort bietjie aandag. Mak wild. Vriendelike diens by al die besighede."
"Diere soos bokke, blouwildebeeste, kameelperde volop in park. Baie stil, weg van hoofroetes en daar is alles (winkels) wat nodig is. Nie baie vermaak vir jong kinders nie, maar ideaal vir ouer paartjies. 3-5 dae ideaal. Krugerwildtuin net oorkant rivier, hek, (Krokodilrivierhek) 12 km weg. "
"Ons sal beslis weer daarna toe gaan as ons 'n rustige atmosfeer soek en sal lekker as familie saam kan kuier."
"Bietjie bekommerd oor die rookbeleid by die restaurante - daar blyk geen te wees nie. Rokers rook waar algemene publiek sit (en kinders) en eienaars doen niks daaromtrent. As dit rook-areas is moet hul mens waarsku en nie kinders daar toelaat."
"Marlothpark is definitief die beste vakansieplek in ons land en sal vir seker weer terugkeer net in 'n beter huis."
"Baie goed geleë vir besoeke aan die KNP. Die rustigheid is net wat nodig is om van die stedelike gejaag te ontsnap."
"Die wild is baie maar ek sou graag vooraf wou weet dat van die paaie in die park nie so mooi vir normale voertuie is nie! Ons was onkant gevang op een of twee van die strate toe ons wild gaan soek/kyk het. Verder is die winkeltjies goed toegerus en is die park mooi skoon. "
"Daar is nie voer of lusern pille by die winkels te koop nie. Die paaie onder teen rivier is baie verspoel. En die deurloop van die publiek is baie. Geen kontrole by hek nie. Bushveld Atlantis is duur, maar waarde vir geld. "
"Baie diere om te besigtig, bekostigbaar en die winkels is gerieflik ingerig. Goeie restaurante nabygeleë en genoeg om te doen vir die kinders."