Verified Reviews
Wild Frontier
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Wild Frontier
Rated 4.6 out of 5 based on 3542 reviews.
"Uitstekende uitsig oor rivier. Stappaadjie langs draad, asook roete om te ry. Gedeeltes daarvan is wel nie geskik vir sedan motors nie en aangesien dit 'n eenrigtingpad is kan jy jou vasry. Jy het ‘n voertuig met 'n hoë grondvryhoogte nodig. Baie voëls. Kilometers van grondpaaie om fiets te ry, draf of stap."
"Ek was al menige maal in Marloth, jy kan kilometers stap, wild besigtig, piekniek hou teen die Kruger Wildtuin se draad. Daar is 'n paar winkels om die nodigste aan te voorsien, drankwinkel, hardeware, slaghuis en 'n paar eetplekke. Hulle is besig om 'n waterspeelpark oop te maak, waar almal die geriewe kan gebruik, kinders sal die speelpark geweldig geniet. Selfoon opvangs was uitstekend, en besigheidsmense kan rekenaars saam bring indien hulle selfoon-WiFi geriewe besit."
"Komatipoort is 'n goeie bestemming om in oor te slaap indien jy oorgaan na Mozambique."
"Marloth Park is for specific individuals that prefer the bush and the quietness of nature. "
"Ons geniet Marloth baie. Wildtuin-ervaring sonder die lawaai van 'n volgepakte Wildtuin kamp. En dit is lekker om saans terug te keer na die stilte en naggeluide."
"Perhaps they could hand out a street map at the entrance for visitors at a minimal cost. I paid R1 at the local shop."
"Baie lekker rustig en die lekkerste kinder pretpark met 'n swembad en putt-putt en heerlike roomys."
"Marloth Park is a great get away and the perfect spot if you are visiting Kruger, but don't want to stay in the park. It's quiet and we saw quite a bit of wildlife, including giraffes, inside Marloth. Would definitely visit again. This is my second time at Marloth Park and I love it. "
"Om by 'n plek te kom waar die water in die swembad silwerskoon is en die kameelperde by die voerbakke eet terwyl jy sit, maak enige persoon se vrede rustig! Keep it up."
"Hoe heerlik om te kan rondstap tussen koedoes, kameelperde, zebras, volstruise ens. Fantastiese bestemming en ons sal weer gaan."
"Marloth Park is beslis 'n heerlike plek om rustig te kan ontspan en die natuur te geniet."
"Stunning plek, sal graag 'n plekkie daar wil hê."
"Tans droog, maar ken daardie area, so was 'n dag in die Kruger Wildtuin en het alles gesien."
"Persoonlik sal ek teruggaan. Daar is so baie om te geniet. Langs die draad tussen die Kruger en Marloth afstap of ry is maar een."